Friday, 24 October 2014

BLOUKAASSOUS VIR STEAK



BLOUKAASSOUS VIR STEAK
1 lekker biefstuk van jou keuse
    Sous
    100g bloukaas
    200 ml karringmelk
    2 sprietuie, gekap
    handvol pietersielie
    50 ml room
    sout en peper

    Bykos
    handvol groen aspersies
    witwyn
    botter
    sout en peper

    Maak biefstuk gaar soos jy daarvan hou.
    Blits al die bestanddele van die sous saam en giet oor die biefstuk op die bord.
    Plaas die bykos se bestanddele saam in 'n pan en stoom tot al dente.
    http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/10/bloukaassous-vir-steak.html

    Bloukaas sous
    Annelien Pienaar
    Lus vir lekker eet? Hierdie veeldoelige sousie moet deel van enige yskas word...kaas dit en geniet dit!


    Gebruike: fillet steak(voeg 20ml port by sous), slaaisous, smeer en dip
    Porsies: 10

    200ml Bulgaarse of Griekse yoghurt
    250ml Cross en Blackwell mayonnaise
    65ml Melk
    30g Gorgonzola of Brie
    5ml Woestersous
    5ml Droee mosterd, soms sit ek Dijon mosterd heel saadjies in vir tekstuur saam fillet
    5ml Knoffel, fyn gedruk
    Sout en peper na smaak

    Metode:
    Meng al die bestanddele saam en hou koud in yskas. Kan tot 2 maande hou in lugdigte houer.