Friday 24 October 2014

MUFFINS - YSKAS MUFFINBESLAG

Hiers n resep van Landbouweekblad, wat in my files is.
YSKAS MUFFIN BESLAG 
Hierdie resep van Annette Human hoort in elke resepteboek. Die muffins wat jy daarmee bak, is op dag 30 nog net so lekker soos op dag een.
Week 250 g (4 k) semels in
500 ml kookwater waarby 
10 ml sout gevoeg is.
 Smelt 230 g botter of margarien en voeg dit by die semels.
Laat die mengsel effens afkoel.
Klits 4 eiers, 
600 g (570 ml) wit- of sagte bruinsuiker en 
750 ml karringmelk saam en roer dit by die semelmengsel in.
Los 25 ml koeksoda in 
250 ml karringmelk op en meng met die semelmengsel. 
Meng 340 g (645 ml) koekmeel en 
325 g (615 ml) volkoringmeel en roer dit by die semelmengsel in.
Skep die beslag in ’n groot fles met ’n deksel wat dig seël en bewaar dit tot 30 dae in die yskas.
Om te bak: Voer ’n muffinpan met papiervormpies uit en skep elke vormpie driekwart-vol muffinmengsel. Bak vir 20 minute by 200 °C tot deurgaar. Laat vir ’n rukkie op ’n draadrak afkoel.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/10/muffins-yskas-muffinbeslag.html

No comments:

Post a Comment