Monday 13 October 2014

HOENDERREPIES



HOENDERREPIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/10/hoenderrepies.html
Bestanddele
1 koppie (250 ml) rou fyn polenta of mieliemeel
3 eetlepel (45 ml) gedroogde gemengde kruie
½ teelepel (2,5 ml) sout
swartpeper na smaak
4 hoenderborsfilette, in dun repies gesny
1 koppie (250 ml) karringmelk
3 eetlepel (45 ml) olyf- of avokado-olie om te braai

1. Meng polenta of mieliemeel, kruie en sout in ‘n groot, vlak bak en geur na smaak met peper.
2. Doop ‘n paar hoenderrepies op ‘n keer in die karringmelk en rol dan in die polenta-mengsel. Bedek elke repie deeglik met die polenta. (Gebruik twee vurke om jou hande skoon te hou.)
3. Verhit 1 eetlepel (15 ml) van die olie oor matige hitte in ‘n groot braaipan. Braai hoenderrepies in sarsies, tot goudbruin aan beide kante en net gaar. Die dun repies sal baie vining braai, so moenie dit te lank braai nie, dan is dit oorgaar en droog. Herhaal met orige hoender en olie.
4. Sit warm of teen kamertemperatuur voor met suurlemoenwiggies en ‘n sous van jou keuse. Soet brandrissiesous is lekker. Geniet die repies met slaaibestanddele, vars vrugte, avokado of groente.

Wenk
1. Laat karringmelk uit en gebruik olyf- of avokado-olie. Verf elke hoenderrepie met olie en rol in polenta soos beskryf. Probeer ook die resep met enige ferm lynvis.
Bron: RSG Heleen Meyer (foto verskaf)

No comments:

Post a Comment