Monday 13 October 2014

BUTTERNUT BOTTERSKORSIES GEVUL


GEVULDE BOTTERSKORSIES 1
As jy ’n vleiseter is, braai gesnipperde spekvleis saam met die preie.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/10/butternut-botterskorsies-gevul.html
Lewer 4 porsies.
2 klein botterskorsies
2 preie, goed skoongemaak en fyn gesnipper
2 knoffelhuisies, fyn gekap
30 ml (2 e) olyfolie
30 ml (2 e) basiliepesto
1 wiel fetakaas, gekrummel
125 ml (½ k) suurroom, plus ekstra om mee voor te sit
gemaalde koljander, om oor te sprinkel

Voorverhit die oond tot 180 ºC.
Smeer ’n bakplaat met olie.
Halveer die botterskorsies en skep die pitte uit.
Braai die preie en knoffel stadig in die olyfolie tot sag.
Roer die pesto deur.
Skep ’n bietjie gekrummelde feta in elke halwe botterskorsie se pitholte en skep ’n groot lepel van die preiemengsel bo-op.
Sprinkel die res van die fetakaas oor.
Giet suurroom oor en sprinkel ’n bietjie koljander oor.
Sit in die oond en bak 30 minute.
Verlaag die hitte tot 150 ºC en bak nog 20-30 minute, tot heeltemal sag.
Sit voor met ’n ekstra skeppie suurroom, kruie-koeskoes en ’n mengelslaai.
Foto: Misha Miles




GEVULDE BOTTERSKORSIES 2

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/10/butternut-botterskorsies-gevul.html
1 gaar botterskorsie, in die helfte gesny en ontpit
2 koppies gaar hoendervleis, opgekerf
1 koppie spinasie, fyngekap
10 - 12 kersietamaties, in kwarte gesny
¼ beker Griekse joghurt
1 rou eier
¼ teelepel knoffelpoeier
¼ teelepel sout
¼ teelepel peper
agtste teelepel rooipeper
¼ teelepel rissiepoeier

Voorverhit oond tot 180°C.
Hol die botterskorsie uit sodat daar net ‘n dun lagie in die skil oorbly.
Plaas die uitgeskepte botterskorsie in ‘n mengbak, en voeg die hoender, spinasie, tamaties, joghurt, eier en speserye by.
Meng baie goed.
Skep soveel van die mengsel as wat jy kan, in elke helfte.
Voer ‘n bakplaat met foelie uit en plaas die botterskorsiehelftes daarop.
Bak in die oond vir 10-12 minute.
Bedien dadelik.

Bron: RSG

No comments:

Post a Comment