Wednesday 1 October 2014

JALAPENO CHILLIE PIEKELS





JALAPENO CHILLIE PIEKEL
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/10/jalapeno-chillie-piekels.html
my eie verwerking Helena Kruger
Blanseer jou chillies vir 5min.[max] in kookende water en plaas direk daarna in n bak met yswater [om kook proses te stop]
Gooi deur n sif en laat die meeste water afdroog
Pak jou botels lekker styf  met jou chillies en gesnyde knoffel stukkies, skyfies uie,skyfies soetrissies, takkies dil, takkies tiemie en n dun skyfie of twee vars gemmer stukkies
Gooi jou kookende stropie oor[ belangrik]
Gebruik n sosatie stokkie om ontslae te raak van al die lugborrels[ dit is belangrik]
Draai proppe styf op en plaas onderste bo op n droe vadoek  vir n paar ure of oornag[dan kan jy sien of jou proppe lek of nie]
Maak jou sousie eenkant
SOUS:>Hier kan jy maar die sousie 2x aanmaak hang af hoeveel chillies wil jy inmaak]
2k asyn
1k suiker
½ k water
Swart peperkorrels
Meng en kook vir 2min.*01/10/2014






                                                              Foto Helena Kruger




                                                                Foto Helena Kruger

Hier het ek die rou Chillies en Jalapenoo net gesny en die warmstroop oorgegooi**Helena Kruger

                                                                Foto Helena Kruger


Hier het ek die JALAPENOS fyngekap en n sousie gemaak van 50% ASYN EN 50% SUIKER en dit oorgegooi en verseel...in 2014 het ek dit gemaak en in die yskas gebere en dit is nog net so mooi rooi[rooi chillies gebruik] en dit is regtig lekker dit vorm later n stroop..Helena Kruger 07/04/2015
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/10/jalapeno-chillie-piekels.html




Weer bietjie CHILLIES gemaak in 50% ASYN EN 50% SUIKER >07/12/2015>Helena Kruger







JALAPENO CHILLIE PIEKEL
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/10/jalapeno-chillie-piekels.html
my eie verwerking Helena Kruger
Pak jou botels lekker styf  met jou chillies
Gooi jou kookende stropie oor[ belangrik]
Gebruik n sosatie stokkie om ontslae te raak van al die lugborrels[ dit is belangrik]
Draai proppe styf op en plaas onderste bo op n droe vadoek  vir n paar ure of oornag[dan kan jy sien of jou proppe lek of nie]
Maak jou sousie eenkant
SOUS:>
Hier kan jy maar die sousie 2x aanmaak hang af hoeveel chillies wil jy inmaak]

2k asyn
1k suiker
½ k water
Swart peperkorrels
Meng en kook vir 2min.*04/03/2016

 


JALAPENOS  PIEKELS  

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/10/jalapeno-chillie-piekels.html
*eie resep Helena Kruger*
SOUS:
5 k Asyn
1k Water
2k Suiker
2t Sout
15 Peperkorrels
GROENTE:
Jalapenos [ sny n snytjie in jou rissie sodat die sousie makliker kan ingaan]
Rooi en Geel soetrissie strips [OPT]
BOTTELS:
Mosterd saad [geel]
Seldery Saad
METODE:*
Kook jou SOUS vir 3min
Gooi 1t elk van die saad onder in jou voorbereide bottels
Pak jou bottels lekker styf met jou Jalapenos en jou soetrissies net soos jy wil
Gooi jou  warm sous bo-oor
Haal al die borreltjies uit met n sosatie stokkie en verseel dit warm en styf
Laat staan vir ongeveer 2weke voor gebruik*Helena Kruger* 23/03/2016


 

                                           **Met koue Piekel Stroop gebottel**


CHILLIE PIEKELS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/10/jalapeno-chillie-piekels.html
my eie verwerking Helena Kruger
Pak jou botels lekker styf  met jou chillies
Gooi jou afgekoelde stropie oor[ belangrik]
Gebruik n sosatie stokkie om ontslae te raak van al die lugborrels[ dit is belangrik]
Draai proppe styf op en plaas onderste bo op n droe vadoek  vir n paar ure of oornag[dan kan jy sien of jou proppe lek of nie]
Maak jou sousie eenkant
SOUS:>
Hier kan jy maar die sousie 2x aanmaak hang af hoeveel chillies wil jy inmaak]

2k asyn
1k suiker
½ k water
Swart peperkorrels
Meng en kook vir 2min.
Laat afkoel voor gebruik**
Helena Kruger>04/04/2016

                                                            **My eie OES**

No comments:

Post a Comment