Monday 20 October 2014

KLEINKOEKIES KARAMEL KOEKIES

KARAMELKOEKIES

250 g botter, versag
1 blik (385 g) kondensmelk
5 ml (1 t) vanielje-ekstrak
810 ml (3¼ k) meel
125 ml (½ c) mieliemeelblom
7 ml (1½ t) bakpoeier
’n knippie sout

KARAMELVULSEL
1 blik (385 g) kondensmelk
50 g botter
60 ml (¼ c) bruinsuiker

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n paar bakplate.
Klits die botter en kondensmelk saam tot romerig. Voeg die vanielje-ekstrak by, sif die meel, mieliemeelblom, bakpoeier en sout in, en meng om ’n sagte deeg te vorm.
Rol die deeg in balle van 4 cm en verplaas na die voorbereide bakplate. Maak seker die koekies is goed gespasieer om vir verspreiding voorsiening te maak. Druk elke bal liggies met ’n vurk om dit effens plat te maak.
Bak elke baksel 8 minute of tot goudkleurig. Verplaas na ’n draadrak om af te koel.
Karamelvulsel: Verhit die kondensmelk, botter en suiker 5 minute in ’n pan oor lae hitte terwyl jy roer of tot die mengsel ’n ligte goue kleur aanneem en verdik.
Plak twee koekies op ’n slag met die karamelvulsel aan mekaar vas.

Lewer 30
Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 30 min.
BRON: HUISGENOOT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/10/kleinkoekies-karamel-koekies.html

No comments:

Post a Comment