Monday 20 October 2014

OLIEBOLLE KANEELSUIKER

KANEELSUIKER-OLIEBOLLE   (kaneelbolle)
As jy ’n sjokolis is, kan jy dit in sjokolade doop vir ’n smelt in jou mond lekkerte....


1 eier
80 ml (⅓ k) strooisuiker
125 ml (½ k) melk
500 ml (2 k) meel, gesif
2 ml (½ t) bakpoeier
olie vir diepbraai
kaneelsuiker vir bedek


1.Klits die eier en strooisuiker tot vaal. Giet die melk in en klits tot gemeng.
2.Voeg die meel en bakpoeier geleidelik by.
3.Verhit olie oor matige hitte tot warm. Voeg lepels vol van die beslag in sarsies by die warm olie en braai 3 minute of tot goudkleurig.
4.Skep met ’n gaatjieslepel uit en dreineer op papierhanddoek. Terwyl die oliebolle nog warm is, rol dit in kaneelsuiker om te bedek.
Lewer 25

Gaarmaak: 15 min.
Bereiding: 10 min.
Source: inenomdiehuis

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/10/oliebolle-kaneelsuiker.html

No comments:

Post a Comment