Thursday 13 November 2014

CALAMARI SLAAI


CALAMARI SLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/11/calamarislaai.html

CALAMARI

400-600 g skoongemaakte
baba-calamari-buise en -tentakels
60 ml (¼ k) botter
sap van 1 suurlemoen
100 g Thai-pesto (sien resep onder)
sout en peper

TAMATIESLAAI
400 g tamaties, verskillende kleure, invkwarte gesny
20 ml (4 t) olyfolie
30 ml (2 e) rooiwynasyn
4 stingeluie, gekap
sout en peper
1 komkommer, in linte gesny
  1. Calamari Spoel die calamari af en druk goed droog. Net voor opdiening, braai die calamari ’n paar op ’n slag sowat 2 min. oor hoë hitte in die gesmelte botter of tot dit net-net wit verkleur.
  2. Meng die sap en pesto deur. Geur met die sout en peper.
  3. Tamatieslaai Meng al die slaaibestanddele liggies en stapel op ’n bord. Sit die calamari bo-op. Sit voor saam met dun skyfies geroosterde broodjies indien verkies.
THAI-PESTO
Verwerk in ’n voedselverwerker:
  • 100 g elk vars basilie- en koljanderblare, 1 brandrissie, 10 g geskilde vars gemmer, 20 g geskilde knoffel en 50 g okkerneute of sonneblomsade.
  • Pols tot fyn; giet 50 ml olyfolie en die sap van 1 suurlemoen deur die tuit. Voeg ook ’n bietjie vissous by.* .
 






CALAMARI SLAAI.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/11/calamarislaai.html

Bestanddele
slaaiblare, in repe geskeur
sprietuie, opgekap
calamari-repies, gaar
2 kiwivrugte, in skyfies gesny
avokado, in skyfies gesny
sampioene, opgekap

Slaaisous
1 telepel sout
2 eetlepels taai bruinsuiker
1 teelepel heuning
100 ml balsamiese asyn
250 ml goeie olyfolie
handvol vars kruisementblare
Metode
Meng die bestanddele van die sous saam, en meng baie goed met ‘n stokmenger tot glad.
Gooi sous oor slaai en smul!
Bron: RSG**Dalene Brits*21/11/2015
Lekker Resepte vir die Jongergeslag

No comments:

Post a Comment