Monday 24 November 2014

DIABETIESE HOENDER EN BYKOSSE


APPEL EN GEMMER HOENDERBOUDJIES:
(Genoeg vir 4)
Bestanddele:
750g Hoenderboudjies of dye wat in die helfte gesny is, vel verwyder
Sout en Peper na smaak
30ml Canola Olie
2 Knoffelhuisies
30ml Vars Gemmer
1 ui, fyngekap
5ml Flora Pro-V Margarien
500ml Groente- of Hoenderaftreksel (tuisgemaak is gesonder, anders gebruik net een blokkie aftreksel in die hele 500ml weens die sodiuminhoud wat so hoog is – te veel sout!)
4 Appels, gekap. (Granny Smith of Golden Delicious)
Metode:
Geur die hoenderboudjies met sout en peper. Verhit die olie en margarien in ‘n groot swaarboompan. Soteer die knoffel en gemmer vir net so ‘n minuut in die warm olie. Voeg die hoender en uie by en soteer vir nog ongeveer 3-4 minute tot die hoender begin verbruin. Voeg aftreksel en appels by en kook oor ‘n middelmatige hitte tot die hoender deurgekook is (ongeveer 30 minute).

BYKOS - KAPOKAPPELS:
(4 porsies)
2 Aartappels
2 Appels
½ steel Seldery
5ml Flora Pro-V Margarien
Sout en Peper na smaak
Skil en kap die appels (gebruik skil as garnering of stoor in water in die yskas vir ‘n versnappering later), aartappels en seldery baie fyn. Soteer in die margarien tot sag. Verwerk in ‘n voedselverwerker en geur met sout en peper na smaak.
Sit hoenderboudjies voor saam met die kapokappels en ‘n lekker slaai.


NOG ‘n BYKOS OF ‘n ALTERNATIEWE MAALTYD-OPSIE – APPELSLAAI:
(4 porsies)
Hierdie vars, ligte slaai het ‘n neuterige smaak met ‘n tikkie kruisement wat die soetheid van die appel komplimenteer.
Om die slaai in ‘n aparte maaltyd te verander, sit net geroosterde hoenderborsies by. Een per persoon…
Bestanddele:
2 Appels
2 Wortels
6 klein Radyse
½ k Goue Rosyne (kan ook vervang word met gedroogte Cranberries)
½ k gekapte vars Italiaanse Pietersielie
½ k gekapte vars Kruisement
Slaaisous:
50ml Appelasyn
30ml Heuning
5ml Dijon Mosterd
Sout en peper na smaak
175ml Olyfolie
2 t geroosterde Sesame saad
Metode:
Skil en ‘julienne’ wortels. Sny radyse in dun repies. Sny Appels in kwarte, verwyder stronk en sny in baie dun skyfies. Sit eenkant in ‘n groot bak saam met wortels, radyse, rosyne, pietersielie en mint. In ‘n aparte bakkie, klits slaaisousbestanddele behalwe olie tot goed gemeng. Bedruip nou stadig die olie in die slaai terwyl jy klits. Meng slaaisous goed deur slaai, sprinkel sesam saad oor en bedien dadelik as bykos of met geroosterde hoenderborsies as ‘n complete maaltyd.
VARIASIE (foto hierbo):
Kan wortels met geblansjeerde groenbone vervang. Vervang da nook sesam saad met geroosterde amandelvlokkies en kruisement met gekapte jalapeno peppers.
Vir diabete sal die Appel en Gemmer Hoenderboudjies en die Kapokappels saam twee vrugteruile beteken (daaglikse toegewing) en die Appelslaai sal as een vrugteruil tel in ‘n aparte maaltyd moet tel.
Bron: Diabetic Living Magazine, Nov/Dec 2014
Geplaas deur: Sonia Van Niekerk Maharaj‎
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/11/diabetiese-hoender-en-bykosse.html

No comments:

Post a Comment