Monday 24 November 2014

PASTEIE - HAM MET KAAS EN SAMPIOEN

Hampastei met Kaas & Sampioenhttp://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/11/pasteie-ham-met-kaas-en-sampioen.html

Kors
150 g (300 ml) koekmeelblom
ruim knippie sout
125 g (140 ml) sagte botter
125 g (125 ml) maaskaas
± 50 ml melk

Vulsel
125 ml gesnipperde grasui
200 g knopiesampioene, gewas en in skyfies gesny
30 ml botter
30 ml koekmeelblom
125 ml room
250 g gerookte-hamskyfies, in repies gesny
100 g kaas, gerasper

Glaseersel
1 eiergeel
15 ml water

Meng die meel, sout, botter, maaskaas en melk om ’n deeg te vorm. Rol die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak tot ’n reghoek van ongeveer 30 x 20 cm en vou dit in drie lae. Draai die deeg 90 grade en herhaal twee keer. Draai dit toe in kleefplastiek en verkoel dit minstens 30 minute

Braai die grasui en sampioene stadig in die botter. Roer dit af en toe. Roer die meel en room by, laat prut dit tot verdik en laat dit afkoel. Roer die ham en kaas by.

Voorverhit die oond tot 190 °C en smeer ’n bakplaat met botter. Rol die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak tot ’n vierkant van 30 x 30 cm. Smeer die vulsel op die een helfte, maar laat ’n rand van ongeveer 3 cm onbedek. Vou die kors oor die vulsel sodat die rande netjies opmekaar pas en druk dit liggies vas met ’n vurk.

Sny met ’n skerp mes diagonale kepe 3 cm uitmekaar vir stoom om te ontsnap. Klits die eiergeel en water saam en verf die pastei daarmee.

Bak dit 10 minute, stel die hitte af na 170 °C en bak dit nog 15 minute of totdat die deeg liggoudbruin en bros is.

Sny dit in dik skywe.
Bron: Boerekos Kookengeniet

No comments:

Post a Comment