Thursday 27 November 2014

GROENTE PIEKELS


GROENTE PIEKELS 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/11/groente-piekels.html
Genoeg vir 5 x 500 ml-bottels
Lê jou oes in vir later en maak heerlike slaaie of crudité-borde daarmee.

750 ml (3 k) witwynasyn
375 ml (1½ k) strooisuiker
1 steranys
5 lourierblare
8 swartpeperkorrels
enige van die volgende groente:

1 bossie radyse
8 babawortels, geel of oranje
1 kop blomkool
8 babakomkommers, middeldeur gesny
’n groot hand vol eksotiese tamaties, geskil
’n groot bondel groenbone
6 gaar bababete, middeldeur gesny

1 Verhit die asyn, suiker en speserye in ’n groot kastrol oor lae hitte.
2 Roer tot die suiker opgelos is en kook vir 4 min.
3 Blansjeer die sagte groente in gesoute, kokende water en verpak in gesteriliseerde glasbottels.
4 Gooi die warm asynmengsel oor die groente en laat heeltemal afkoel.
5 Sit ’n paar peperkorrels en ’n lourierblaar in elke bottel.
.6 Draai styf toe en verkoel.**Kosredakteur: Vickie de Beer*rOOI rOSE**


  


 

INGELEGTE PIEKEL GROENTE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/11/groente-piekels.html
Julle, ek het basies uit my kop sous gemaak.
Vir elke 4 koppies wit asyn het ek 2 koppies suiker gebruik.
3 eetlepels ‘whole pickling spice’
2 lourierblare
1 teelepel mosterdsaadjies
1 teelepel kerriepoeier
Ek het groente sommer in mikrogolf bietjie gaargemaak, maar nog krakerig. Kan ook op stoof water kook en ingooi en amper dadelik weer uithaal, behalwe vir wortels en butternut, wat bietjie langer vat.
Gooi groente in flesse en sous oor en bottel warm**
Vera Du Toit* 03/05/2016



GROENTE PIEKELS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/11/groente-piekels.html
*eie resep Helena Kruger*
SOUS:
5 k Asyn
1k Water
2k Suiker
2t Sout
1/2 t Droe Dill
15 Peperkorrels

GROENTE:
Wortels gesny soos jy dit verkies
Komkommer in blokkies gesny
Blomkool mooi opgebreek in blommetjies
Kool gekerf
Uie in stukkies gesny
7-8 Knoffelhuisies in repies gesny
BOTTELS:
Mosterd saad [geel]
Seldery Saad
METODE:
Kook jou SOUS vir 3min
Voeg jou wortels, uie en knoffel by en kook vir so 5-6min
Voeg nou jou komkommer, blomkool by en kook vir nog 5-6min
Die wortels moet nog lekker hard en crispy wees
Gooi 1t elk van die saad onder in jou voorbereide bottels
Vul jou bottels[warm] met die groente en gooi jou sous bo-oor
Haal al die borreltjies uit met n sosatie stokkie en verseel dit warm en styf
Laat staan vir ongeveer 2weke voor gebruik*Helena Kruger*11/05/2016

No comments:

Post a Comment