Thursday 27 November 2014

BOTTELSLAAI


Bottelslaai

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/11/bottelslaai.html
(Genoeg vir 1 groot bottel van 3,5 liter)
(Dié slaai is ’n staatmaker in die somer. Hou dit op ’n koel plek en gebruik dit op bruschetta of in sappige somerslaaie. Die olie sal dik word in die yskas - hou dit eerder op ’n koel plek en sorg dat die slaaisous altyd die groente bedek. Die slaai hou goed vir 4-5 dae solank dit met slaaisous bedek is.)

3 x Ina Paarman- klaarbereide suurlemoenslaaisous
250 g (1 houer) knopie-sampioene, afgevee
2 rooi uie, in wiggies gesny
250 ml (1 k) olyf- of avokado-olie
sap van 2 suurlemoene
60 ml (¼ k) witwynasyn
6 knoffelhuisies, gekneus
45 ml (3 e) suiker
sout en gemaalde swartpeper
600 g (3 houers) kersietamaties, sny ’n klompie middeldeur
250 ml (1 k) feta, in stukke gebreek
2 x 100 g-pakkies swart olywe
hand vol tiemietakkies
hand vol basiliekruidblare

1 Bring die slaaisous in ’n middelslag-kastrol tot kookpunt en gooi oor die sampioene en uie. Laat staan tot afgekoel.
2 Meng die olie, suurlemoensap, asyn, knoffel en suiker goed. Geur na smaak.
3 Pak die tamaties, feta, olywe, tiemie, gemarineerde sampioene en uie (met die sous) in inlê-bottels. (Consol-bottels werk goed.) Gooi die tuisgemaakte slaaisous oor en laat staan vir minstens drie uur of oornag.**Vickie de Beer* Rooi Rose* 27/11/2014

No comments:

Post a Comment