Thursday, 20 November 2014

SOET SUUR BABAWORTELS INGEMAAK


SOET-SUUR BABAWORTELS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/11/soet-suur-babawortels-ingemaak.html
1,5kg babawortels, behou stukkie van die stingel

4-5 koppies witwynasyn
2 koppies suiker
3 eetlepels heel piekelspeserye
2 lourierblare
5ml mosterdsaadjies
Meng al die bestanddele, behalwe wortels, in ‘n mikrogolfvaste glasbak.
Mikrogolf vir 3 minute of tot sous kook
Voeg die wortels by en mikrogolf vir 5 minute
Skep wortels in flesse en gooi asynmengsel oor en draai styf toe.
GENIET DIT! Dis 'n heerlike bykos by braaivleis en vark of sommer net**
Vera Rossouw**20/11/2014