Monday, 3 November 2014

SPAGHETTI GEREG


TOSKAANSE SPAGHETTI GEREG
400 g spaghetti
10 cm lang salami, in ringe gesny
2 hande vol rosatamaties
1 pakkie sampioene, gekap
handvol pietersielie, gekap
1 ui, gekap
parmesaankaas

METODE
Braai salami tot bros en hou eenkant.
Braai ui en sampioene saam en hou eenkant.
Braai tamaties en hou eenkant.
Kook spaghetti tot al dente.
Voeg al die bestanddele, behalwe die pietersiele en parmesaan, saam.
Bedien met die pietersielie en parmesaan. 

Bron: RSG
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/11/spaghetti-gereg.html