KERRIEKOOL MET WORTELS EN SPINASIE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/11/kerrie-kool-met-wortels-en-spinasie.html
*eie verwerking Helena*
12 k kool fyngesny
4 groot uie fyngekerf
6k fyngekapte wortels
4k fyngekapte spinasie
1 eetl sout[hoogvol]
METODE:
Kook vir 30min in genoeg water om kool toe te maak.
Dreineer kool deur ‘n sif en voeg by die vogende by
STROOP
3kp Asyn
3kp Suiker
2 e Kerrie
2 t Borrie
1 t Mostertpoeier
1/4 t Tiemie
2k kookwater
METODE:
Kook kool en stroop vir 10min saam.
Maak 2 e Mielieblom aan met 1k asyn en roer by
Kook tot gaar en deurskynend [so 5min]
Bottel warm in warm bottels
N.S> Regtig baie lekker**Helena Kruger*2/11/2014
Weer bietjie KERRIE KOOL MET WORTELS EN SPINASIE gemaak ..maar dit so n bietjie verander en dit is baie lekker**Helena 16/09/2016
KERRIEKOOL MET WORTELS EN SPINASIE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/11/kerrie-kool-met-wortels-en-spinasie.html
*eie verwerking Helena*
20 k Kool fyngesny
3 groot Uie fyngekerf
9 groot Wortels gerasper grof
20 groot Spinasie blare fyngekapte
METODE:
Kook Kool,Wortels en Uie vir 20min in genoeg water om dit te bedek tot gaar[+-8k water]Dreineer koolmengsel deur ‘n sif Voeg Spinasie by en kook 10min met 4k water..
Voeg die vogende by [Stroop]
STROOP
Meng alles in n mengbak sodat die suiker solank oplos
3kp Asyn
4kp Suiker
3 e Kerrie Poeier[ pers boksie *Rajah* Flavourful & Mild ]
1t Borrie
3 t Mostertpoeier
1k Kookwater
1/2 t Egg Yellow poeier
3 e Appelkooskonfyt
METODE:
Kook koolmengsel en stroop vir 10min saam.
Maak 2-3 e Mielieblom aan met bietjie water en roer by [ kyk net of die dikte van die mengsel na jou smaak is..nie te dun nie.......]
Kook tot gaar en deurskynend [so 5min]
Bottel warm in warm bottels
N.S> Regtig baie lekker**Helena Kruger**16/09/2016
No comments:
Post a Comment