Friday 19 December 2014

CHICKEN BREAST PATEE



CHICKEN BREAST PATEE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/12/chicken-breast-patee.html
4 Groterige Hoender Fillette
1 Medium grote Ui
Knoffel (na smaak)
Tiemie
Sout & Peper
2 Eetlepels Suurlemoensap
Paprika
¾ Koppie Wit wyn
1 Koppie Vars Room
1 Eetlepel (smaaklose) Gelatine (gesmelt in ¼ koppie kookwater)

Braai hoender fillette “heel” in botter (om sappig te hou).
Braai so 6 minute aan elke kant.
Haal uit pan en sny in skywe.
In dieselfde braai pan braai gekapte uie en knoffel in olie.
Plaas hoender skywe terug in pan.
Voeg by tiemie, sout, peper, knippie paprika, helfde van die witwyn en helfde van die room.
Prit stadig vir ongeveer 6 minute.
Haal van stoof af en laat bietjie afkoel.
Plaas hierdie mengsel in menger (liquidizer).
Voeg res van witwyn by, res van room, aangemaakte gelatine, asook suurlemoensap.
Liquidize goed todat alles baie glad is.
Giet in gesmeerde “mould” en plaas in yskas totdat dit stol.
**Sandra Riley Hattingh**19/12/2014

 


No comments:

Post a Comment