Thursday 18 December 2014

KAASKOEK - MOOILOOP SE ROOIBOS KAASKOEK



Gebakte Rooibos Kaaskoek
Ina van Rooyen
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/12/kaaskoek-mooiloop-se-rooibos-kaaskoek.html
Gebruik ‘n 27cm Losboompan vir die kaaskoek

Kors:
2 ½ Pakkies “Eat Sum More” Beskuitjies.
200 gram Botter – Gesmelt met 5ml. Kits Rooibostee

1. Maak koekies fyn en meng met gesmelte botter.
2. Voer pan onder en langs die kante uit.

Vulsel:
MENG SAAM EN LAAT STAAN TOT DIK
2 Houers Gladde Maaskaas
2 Blikkies Kondensmelk
125ml Suurlemoensap
5 ml Gerasperde Suurlemoenskil
5 ml Kits Rooibostee

Meng saam en laat staan tot dik.
2 Houers Room (500ml)
Klits styf en vou in boonste vulsel.

Net voor die koek in die oond geplass word, sprinkle ±3ml kits rooibostee bo-oor en trek met ‘n vurk patrone.
Bak by 175°c vir 15 min.
Plaas dadelik in koelkas.
bron: mooiloop #Ina se kaaskoek; #rooibos kaaskoek

No comments:

Post a Comment