Wednesday 3 December 2014

KERSFEES KOEKIES - SONIA

1.  ROOI FLUWEEL KRAKERIGE KOEKIES:
(Maak ongeveer 24 koekies)
60g Wit Sjokolade
1 ¼ k Koekmeel
2 e onversoete Kakao Poeier
1 t Bakpoeier
¼ t Sout
2 groot Eiers
3 e Olie
1 ½ t Rooi Koskleursel
¾ k Strooisuiker
1 k Versiersuiker

Plaas die sjokolade in ‘n mikrogolf-vastebak en verhi tvir 30 sekondes op ‘n slag in die mikrogolf, roer tussenin, tot glad. Sif die meel, kakao, bakpoeier en sout in ‘n aparte bak en sit eenkant.
Klits die eiers, olie en koskleursel in ‘n grootbak. Voeg die strooisuiker stadig by terwyl jy klits en dan die sjokolade tot die mengsel glad en goed vermeng is. Meng die meelmengsel in die eiermengsel met ‘n houtlepel tot ‘n stywe deeg vorm. Sit die deegin ‘n stuk kleefplastiek en sit in yskas vir ten minste 2 ure of oornag. Sit die oondrakke op die boonste en onderste derdes van die oond en voorverhit tot 150‘C. 
Sit die versiersuiker in ‘n bakkie. Rol eetlepels vol van die deeg in balletjies, rol in die versiersuiker en druk die balletjies effe plat voor jy dit nog ‘n keer in die versiersuiker druk. Rangskik die koekies op twee gesmeerde bakplate. Bak in oondvir 16-18 minute tot gepof en ferm. Halfpad deur die bakproses, ruil die twee panne om.Laat dit heeltemal afkoel op die bakplate voor jy dit afhaal en verpak in lugdigte houers.
Bron: Food Network Magazine December 2014
*LekkerReseptevir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/12/kersfees-koekies-sonia.html

2.  SNOEPKIERIE KOEKIES                           
(Maak ongeveer 30koekies)
180g Botter, teen kamertemperatuur
¾ k Strooisuiker
¼ t Sout
1 groot Eier
1 t Vanilla Ekstrak
¼ t Peperment Ekstrak
2 k Koekmeel
Rooi koekkleursel

Klop die botter, suiker en sout in ‘n bak met ‘n klitser op middelmatigespoed tot lig en donsig, ongeveer 3 minute. Voeg  die eier, vanilla en pepermentekstrak by terwyl jy aanhou klits. Verminder die spoed van die klitser en voeg die meel by tot dit goed tot ‘n deeg vermeng is. Draai die deeg styf toe in kleefplastiek en verkoel in die yskas tot ferm, ten minste ‘n uur of oornag.

Halveer die deeg. As jy rooikleursel gebruik, maak een helfte rooi.Rol opgehoopte teelepelsvol in 10cm stokkies/wurmpies en doen dieselfde met die ongekleurde deeg. Draai 1 wurmpie van elke kleur ommekaar en rangskik hulle op gesmeerde bakplate in die vorm van ‘n kierie, omtrent 3cm uitmekaar. Sit in die yskas om bietjie fermer te word (ongeveer 15 minute) Positioneer die oondrakke op die boonste en onderste derdes van die oond en voorverhit tot 180’C.Bak, deurhalfpad deur die baktyd die bakplate om te ruil, vir 11 tot 13 minute. Laat dit heeltemal afkoel voordat jy dit van die bakplate verwyder en in lugdigte houers verpak.
Bron: Food Network Magazine December 2014
*LekkerReseptevir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/12/kersfees-koekies-sonia.html


3.  GRANAAT SPRITZ KOEKIES:      
(Maak ongeveer 72 koekies)
2 k Koekmeel
½ t Bakpoeier
¼ t Sout
10 e ongesoute Botter, kamertemperatuur
2/3k Suiker
1 groot Eier
2 e Granaat Molasse (in SuidAfrika kan ons tamarind gebruik of granaatsap)
¾ t Rooi Koskleursel
½ t fyngerasperde Lemoenskil
Klein Silver Balletjies vir versiering (nonpareils)

Positioneer die oondrakke op die boonste en onderste derdes van die oond en voorverhit tot 150’C.
Klop die meel, bakpoeier en soutsaam. Klop die botter en suiker in ‘n apartebak met ‘n elektrieseklitser op medium-hoéspoed tot lig en donsig, ongeveer 3 minute. Voeg die eier, granaat molasses, kleursel en lemoenskil by en verlaag die spoed van die klitser. Klop die meelmengsel in tot goedgemeng. Drukdeeg in joukoekie-drukker (biscuit gun) en drukdeeg 2cm uitmekaar op bakplateuitvolgens die vervaardiger se instruksies. Versier met silwerballetjies.

Bak, deur halfpad deur die baktyd die bakplate om te ruil, vir15-18 minute tot geset maar nie verkleur nie. Laat dit vir 5 minute afkoel voordat jyd it van die bakplate verwyder met ‘n spatel en verkoel heeltemal voor jy di tin lugdigte houers verpak.Herhaal tot al die deeg opgebruik is

WENK: Ek weet uit ondervinding dat mens nie in SuidAfrika die granaatmolasse kry nie. Dis ‘n gefermenteerde swart pasta wat in die ouPersié in die kosgebruik is. Die naaste smaak daarvan is as jy granaatsap kan ‘reduce’ na ‘n meer gekonsentreerde sap of tamarind paste inmeng. Ek persoonlik bestel die Granaat Molasse van Iran af, maar dis baie onbetroubaar.  Hulle verwys daarna as ‘Anar’ of ‘Pomegranate Paste’
Bron: Food Network Magazine December 2014
*LekkerReseptevir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/12/kersfees-koekies-sonia.html


4.  SWARTWOUDBLOKKIES:                               
(Maak ongeveer 24 koekies)
Spray and Cook
1 ½ k Koekmeel
1/4 k Amandelmeel
1/3 k Kakaopoeier
½ t Sout
225g ongesoute Botter, kamertemperatuur
2/3k Suiker
1 k Kersiekonfyt
¾ k gedroogde Kersies, gekap
2 e vars Suurlemoensap
1½ t Mielieblom
¼ t Amandelessens
50g Wit Sjokolade, gekap

Bedek ‘n koekieplaat met foelie, maar laat dit oorhang aan twee teenoorgestelde kante. Sproei met Spray and Cook. Klop die meel, kakao, amandelmeel en sout in ‘n bak. Klits die botter en suiker in ‘n aparte bak tot romerig. Klop die meelmengsel in tot romerig. Druk die deeg eweredig op die bakplaat vas met klam hande. Sit in die yskas tot ferm, so 30 minute. Bak teen 180’C vir 25 tot 30 minute tot die sjokolademengsel geset het. Laat heeltemal afkoel in die pan.

Intussen: meng die kersies, konfyt, suurlemoensap, mielieblom, amandelekstrak en ¼ k water in ‘n klein kastrolletjie. Bring tot kookpunt en prut terwyl jy nou en dan roer, tot die kersies sag is en die mengselverdik, sowat 10 minute. Smeeroor die sjokolade lag en laat dit heeltemal afkoel.

Lig die gesette mengsel uit die pan deur dit aan die los foelie kante uit te lig. Sit die witsjokolade in ‘n bakkie en mikrogolfvir 30 sekondes op ‘n slag tot gesmelt. Roer elke slag, tot gesmelt   .Drup dit oor die blokkies. Laat dit net so staan tot die sjokolade heeltemal geset het. Sny dan in vierkantige blokkies.
Bron: Food Network Magazine December 2014
*Lekker Reseptevir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/12/kersfees-koekies-sonia.html

5.  YSKAS VRUGTEKOEK BALLETJIES:      
(Maak ongeveer 24 koekies)
½ pitlose Dadels
½ k gedroogte Swart Vye, halveer en ontstam
1/3 k gedroogte Bosbessies (Cranberries)
3 e Donker Rum of Brandewyn
2 e Botter
½ k Pekanneute
1 ½ k fynTennisbeskuitjies
2 e fyngekapte Gekristalliseerde Gemmer
2 e fyngekapte Gekristalliseerde Lemoen en/of Suurlemoenskil
1 e Molasse
½ t fynKaneel
¼ t fyn Pimento/Allspice
Knippie Sout
Groen/Rooi/Wit Sandsuikerkleursel (of fynklapper wat met koskleursel gekleur is en weer gedroog is) vir versiering


Meng die dadels, vye en bosbessies in ‘n bak en voeg 2 e rum en die botter by. Mikrogolfvir 1 minuut op ‘n slag en roernaelkeminuut, tot die droévrugte sag en die bottergesmeltis,ongeveer 3 minute. Sit eenkant.

Rooster die pekanneute in ‘n droé pan oor ‘n matige hitte. Roer gedurig, so 3-4 minute.Laat die neute afkoel en kap op ‘n snybord fyn.

Meng die tennisbeskuitjies, gemmer, sitrusskil, molasses, kaneel, pimento en sout in ‘n voedselverwerker. Gooi die oorblywende eetlepel rum, pekanneute en die vrugte met vloeistof alles by in die voedselverwerker en pols tot die mengsel fyn is en saam kleef wanneer gedruk word. As dit te droog is, voeg bietjies water by tot dit saam kleef.

Roleetlepelsvol van die mengsel in balletjies en rangskik op ‘n bakplaat of skinkbord.Verkoel in die yskas tot ferm, ten minste twee ure of oornag.

Rol die balletjies deur die sandsuikerkleursel om te bedek.  As jy gekleurde klapper gebruik, rol dit eerder in die klapper terwyl jy die balletjies rol voor dit in die yskas geplaas word.

Bron: Food Network Magazine December 2014
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/12/kersfees-koekies-sonia.html


6.  BRUIN BOTTER MADELEINES:                 
(Maak ongeveer 24 koekies)
170g Botter plus ekstra
1 k Koekmeel
2/3 k Suiker
1 t gerasperde Suurlemoenskil
½ t fyn Neutmuskaat
KnippieSout
2 groot Eiers
Versiersuiker

Voorverhit die oond tot 180’C.Smeer ‘n 12-gaatjie madeleine pan.  Maak seker dat al die gleufies gesmeer is. Stof met meel en skud die orige meel uit.
Smelt die botter oor ‘n matige hitte en roer gereeld tot bruin vlokkies voorkom en die botter neutering ruik, so 3-5 minute. Sit eenkant om te verkoel.
Kombineer die meel, suiker, suurlemoenskil, neutmuskaat en sout in ‘n grootbak. Voeg eiers by en klop tot klam (dit sal nie ten volle vermeng met die meel nie), en klop dan die botter in tot glad en blink.
Skep  een eetlepel deeg in elke gaatjie van die pan. Bak tot die kante begin verbruin en die koekies sag is wanneer jy daaraan druk, so 12-14 minute. Maak dadelik die rante los met ‘n spatel of bottermes en haal uit. Sit op draadrakkie tot heeltemal afgekoel.
Spoel die pan onderkoel water af en vee skoon. Smeer weer die pannetjie met botter en stof met meel en herhaal tot al die deeg opgebak is.
Sprinkel met versiersuiker.

Bron: Food Network Magazine December 2014
*LekkerReseptevir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/12/kersfees-koekies-sonia.html



7.  KLAPPER BISCOTTI:    

(Maak ongeveer 24 koekies)
1 ½ k Klapper vlokkies

1 k Suiker
2 k Koekmeel
1 t Bakpoeier
¼ t Koeksoda
¼ t Sout
1/3 k Klapperolie
1 t Vanielje Ekstrak
½ k gesoute Makadamia Neute, gekap
1 k Versiersuiker
2 e Klapperroom
¼ t Klapper Ekstrak (opsioneel)
Growwe suiker vir versiering

Posisioneer die rakke op die onderste en boonste derdes van die oond. Voorverhit die oond tot 180’C.Versprei 1 koppie klappervlokkies op ‘n bakplaat en rooster vir ongeveer 3 minute. Laat dit heeltemal afkoel.  Gooi in ‘n voedselverwerker, gooi die suiker en pols tot fyngemaal. Smeer 2 bakplate.

Klop die suiker mengsel, meel, bakpoeier, koeksoda en sout in ‘n bak to tlig. Smelt die klapperolie in die mikrogolf en meng by die meelmengsel saam met die vanielje en 1/3 k water. Meng met ‘n houtlepel tot ‘n stywedeegvorm. Roer die macadamia neute en die oorblywende ½ k klappervlokkies in. Knie die deeg liggies tot al die deeg bymekaar gekom het.

Deel die deeg in die helfte en vorm twee 5cm-wye silinders/logs. Plaas een silinder op elke bakplaat.  Bak, deur die panne halfpad om te ruil, tot die deeg ferm en goudbruin is, ongeveer 25 minute. Verlaag die temperatuurna 150‘C.

Laat die deeg afkoel vir 10 minute. Sny dan diagonaal op ‘n snybord met ‘n getande mes in ¾ cm tot 1cm diksnye. Rangskik die stukke gesnyde kant na onder op die bakplate. Bak, deur halfpad die biscotti om te draai, tot net goudbruin en die middel net nog bietjie elasties is, so 20-25 minute. Laat heeltemal afkoel op die bakplate. Dit sal harder word soos dit afkoel.

Klop die versiersuiker ,klapperroom en klapperekstrak tot glad. Doop die biscotti in die mengsel. Besprinkel met growwe suiker. Bêre in lugdigte houers.
Bron: Food Network Magazine December 2014
*LekkerReseptevir die Jongergeslag*

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/12/kersfees-koekies-sonia.html

8.  HASELNEUT SANDJIES              


(Maak ongeveer 18 koekies)
1/3 k geblansjeerde Haselneute
1 k Koekmeel
¼ t Wonderpeper (Pimento/Allspice)
¼ t Sout
125g Botter, teen kamertemperatuur
1 k Versiersuiker
½ t Vanielje Ekstrak
Spray and Cook


Versprei die haselneute op ‘n bakplaat en bak tot bruin, ongeveer 10 minute. Laat dit afkoel en kap fyn.

Klits die meel, wonderpeper, sout en haselneute in ‘n bak. Klop die botter en ‘n ¼ koppie van die versiersuiker in ‘n aparte bak met ‘n elektriese klitser op ‘n matige spoed tot lig en romerig, ongeveer 3 minute. Voeg die vanielje by. Verminder die klitser se spoed en klop die meel mengsel in tot ‘n deeg vorm. Maak dig toe in kleefplastiek en plaas ten minste 1 uur of oornag in die yskas.

Voorverhit die oond tot 180’C. Sproei ‘n bakplaat met Spray and Cook. Rol eetlepels vol van die deeg in balletjies en rangskik 2,5cm uitmekaar op die bakplaat. Bak tot liggoud aan die onderkant, ongeveer 12 minute. Intussen, sif die oorblywende versiersuiker.

Wanneer die balletjies uit die oond kom, gooi dit dadelik in die bak versiersuiker en skud bak versigtig om al die balletjies te bedek met versiersuiker. Plaas op ‘n draadrak om af te koel. Rol die koekies weer in versiersuiker as dit heeltemal afgekoel het.
Bron: Food Network Magazine December 2014
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/12/kersfees-koekies-sonia.html



9. GLASSEERDE KLUISENAAR KOEKIES:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/12/kersfees-koekies-sonia.html
(Maak ongeveer 36 koekies)

½ K Gedroogte Korente
½ k Appelbier
1 ¾ k Koekmeel
½ k Hawermout
1 t Gemengde Speserye
½ t Koeksoda
½ t Sout, plus knippie
1/8 t Gemaalde Naeltjies
125g Botter, teen kamertemperatuur
¾ k Donker Bruinsuiker
¼ k Molasse
1 groot Eier
½ k Okkerneute, gekap
Spray and Cook
1 k Versiersuiker
2 e vars Suurlemoensap
1 t Vanielje Ekstrak

Sit die korente en appelbier in ‘n bakkie en sit eenkant om te week. Intussen, klits die meel, hawermout, speserye, koeksoda, ½ t sout en naeltjies in ‘n bak.

Klop die botter en bruinsuiker in ‘n bak tot lig en donsig, ongeveer 3 minute. Gooi die molasses en eier by en klop tot alles goed vermeng is, vir ongeveer nog 1 minuut.

Dreineer die korente, maar behou die appelbier. Verminder die klitser se spoed en klop die meelmengsel in in 2 hoeveelhede, afwisselend met die gereserveerde appelbier. Hou steeds aan klop tot die deeg saamklomp, ongeveer ‘n verdere 2 minute. Klop nou die korente en okkerneute in. Maak dig toe en bere in die yskas vir ten minste een uur.

Posisioneer die rakke van die oond op die onderste en boonste derdes en voorverhit tot 180’C. Sproei 2 bakplate met Spray and Cook en drup ogehoopte eetlepels vol van die mengsel omtrent 5cm uitmekaar op die bakplate. Bak deur dit halfpad om te ruil tot die koekies verdonker aan die buitenste randjies, ongeveer so 18 tot 20 minute. Laat dit afkoel vir 10 minute, dan sit jy dit op ‘n draad afkoelrakkie om heeltemal af te koel.

Klop die versiersuiker, suurlemoensap, vanielje en knippie sout in ‘n bakkie tot goed gekombineerd en klop dan ‘n eetlepel water in. Bedruip die koekies met die versiersuiker en laat dit set vir ongeveer 10 minute. Bere in lugdigte houers.

Bron: Food Network Magazine December 2014

10. LEMMETJIE YSBOKS KOEKIES: http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/12/kersfees-koekies-sonia.html
(Maak ongeveer 84 koekies)

2 k Koekmeel
½ t Bakpoeier
¼ t Sout
125g Botter, teen kamertemperatuur
4 e Roomkaas, teen kamertemperatuur
½ k plus 1/3 k Suiker
1 e plus 1 ½ t fyngerasperde Lemmetjieskil
1 e vars Lemmetjiesap
1 groot Eier
1 ½ t Groen Sandsuiker (of kleur self groen fyn Klapper)

Sif die meel, bakpoeier en sout in ‘n bak. Klop die botter, roomkaas, ½ k suiker en 1 e lemmetjieskil saam met ‘n elektriese klitser op matige spoed tot lig en donsig, ongeveer 3 minute. Voeg die lemmetjiesap en eier en meng tot goed gekombineerd. Verminder die klits-spoed en meng die meelmengsel by tot goed gekombineerd en ‘n deeg gevorm het.

Sit twee stukke bakpapier van ongeveer 30cm x 40cm op ‘n werksoppervlak neer. Deel die deeg in die helfte, vorm in silinders (logs) en plaas elke helfte op ‘n stuk bakpapier. Vou die bakpapier oor die deeg. Gebruik nou ‘n liniaal om jou te help om elke helfte van die deeg in ‘n 3 x 30cm vierhoekige pyp te rol en druk. Maak seker die deeg is dig toe met die bakpapier en plaas in die yskas tot ferm, ten minste 3 ure. Jy mag dit ook hier vries vir latere gebruik.
Posisioneer die rakke van die oond op die onderste en boonste derdes en voorverhit tot 190’C. Sproei 2 bakplate met Spray and Cook. Kombineer die oorblywende 1/3 k suiker, 1 ½ t Lemmetjieskil en die groen sandsuiker of klapper op ‘n stuk waspapier. Maak die deegpype oop en rol hulle in die suikermengsel om goed te bedek. Sny in ¾ cm skywe en rangskik op die bakplate. Bak deur halfpad die plate om te ruil, tot die koekies goud om die randjies raak, so ongeveer 12 minute. Laat dit afkoel vir 5 minute en plaas dan op draadrakkies om heeltemal af te koel. Bere in lugdigte houers.

Bron: Food Network Magazine December 2014 *Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

11. PEKAN-BOSBESSIE ROOMKAAS MAANTJIES:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/12/kersfees-koekies-sonia.html
(Maak ongeveer 30 koekies)

180g Botter, teen kamertemperatuur
½ k Roomkaas, teen kamertemperatuur
½ k + 2 e Suiker plus ekstra om te strooi
¼ t Sout
1 ¾ k Koekmeel plus ekstra om te strooi
½ k gedroogte Bosbessies (Cranberries), gekap
1 k Pekanneute, fyngekap
½ t gemaalde Kaneel
3 e Melk plus ekstra vir verf

Klop die botter, roomkaas, 2 e suiker en sout saam met ‘n elektriese klitser op lae spoed tot lig en romerig, ongeveer 2 minute. Voeg die meel by en hou aan klop tot dit krummelrig is, ongeveer 1 minuut. Sprinkel meel op ‘n skoon werksoppervlak en knie liggies met jou hande om dit ‘n sagte deeg te maak. Draai toe in kleefplastiek en plaas in die yskas vir ten minste 1 uur of oornag.

Posisioneer die rakke op die boonste en onderste twee derdes van die oond en voorverhit tot 180’C. Smeer twee bakplate.

Maak die vulsel: Sit die bosbessies en 1 eetlepel water in ‘n bakkie. Mikrogolf tot geswel, ongeveer 1 minuut. Laat afkoel. Roer die pekanneute, die oorblywende ½ koppie suiker en die kaneel in, roer dan die melk in.

Rol die deeg uit tot ongeveer 3mm dik op ‘n meelbestrooide deegplank. Sny sirkels uit met ‘n 8-10cm deursnee koekdrukker. Plaas ‘n opgehoopte teelepel vulsel op die onderste derde van elke sirkel. Los ‘n smal randjie oop. Verf die randjies met melk, vou die deeg oor die vulsel en rol toe. Knyp die twee kante toe en buig in die vorm van ‘n maantjie.

Rangskik die koekies 2,5cm uitmekaar op die bakplate. Verf met melk en besprinkle met suiker. Bak, deur die bakplate halfpad om te ruil, tot ligbruin, so 15-20 minute. Laat dit heeltemal afkoel op die bakplate. Bere in lugdigte houers.

Bron: Food Network Magazine December 2014 *Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

12. SJOKOLADE-ROOM TOEBROODJIE KOEKIES:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/12/kersfees-koekies-sonia.html
(Maak ongeveer 40 toebroodjies)

1 ½ k Koekmeel, plus ekstra om te strooi
¼ koppie plus 1 e Kakaopoeier
½ t Bakpoeier
¼ t Sout
180g Botter, teen kamertemperatuur
2/3 k Suiker, plus ekstra om te strooi
1 groot Eier
1 t Vanielje Ekstrak
60g Sjokolade, gekap
1 k Versiersuiker

Sif die meel, ¼ k kakao, bakpoeier en sout saam. Klop 120g van die botter met die suiker tot lig en donsig, so 3-5 minute. Hou aan klop en voeg die eier en ½ t vanielje by. Verminder die klitser se spoed en klop die meelmengsel in tot net-net deurgemeng. Deel die deeg in die helfte en vorm in plat reghoeke. Draai toe en plaas in die yskas tot ferm, ten minste 1 uur.

Positioneer die oondrakke op die boonste en onderste derdes van die oond en voorverhit tot 180’C. Smeer 2 bakplate.

Deur met een deel op ‘n slag te werk, rol die deeg uit tot ‘n 25cm deursnee vierkant (so 3 mm dik)op ‘n meelbestrooide deegplank. Sny in 2,5 x 5cm reghoekies en plaas op die bakplate. Prik met ‘n vurk en strooi met suiker. Plaas terug in die yskas tot ferm, ongeveer 15 minute. Bak, deur die panne halpad deur om te ruil, tot die koekies ferm is, so 13-16 minute. Laat dit heeltemal afkoel op die bakplate.
Sit die sjokolade in ‘n bakkie in die mikrogolf vir 30 sekondes op ‘n slag, roer tussendeur, tot gesmelt. Laat dit ‘n bietjie koeler word. Voeg die oorblywende botter in en klop met ‘n rubber spatel tot goed geinkorporeerd. Meng die oorblywende kakao poeier, versiersuiker en die oorblywende vanieljetot glad. Smeer op een helfte en plak dan die ander helfte daarteen vas. Bere in lugdigte houers.

Bron: Food Network Magazine December 2014 *Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

13. PIENK POMELO BESKUITJIES:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/12/kersfees-koekies-sonia.html
(Maak ongeveer 24 koekies)

230G Botter, teen kamertemperatuur

1 groot Eiergeel
2 e plus ½ t fyngerasperde Pomeloskil
½ t Sout
2 k Versiersuiker
2 k Koekmeel
1-2 e vars Pienk Pomelosap
Rooi koskleursel
Growwe suiker vir versiering

Posisioneer die oondrakke op die boonste en onderste derdes van die oond en voorverhit tot 180’C. Klits die botter, eiergeel, 2 e pomeloskil en sout saam tot lig en romerig, ongeveer 3 minute. Gooi 1 koppie versiersuiker en meng deur. Klop nou die meel bietjies-gewys in tot ingemeng.

Knie deeg liggies op ‘n meelbestrooide deegplank en rol uit tot ongeveer 5mm dik en druk sirkels uit met ‘n 5-6cm deursnee koekiedrukker.

Rangskik die koekies 4cm apart op 2 bakplate. Bak, deur halfpad die plate om te ruil, tot die koekies ferm en goudbruin onder is, so 15-18 minute. Laat dit vir 5 minute afkoel op die bakplate en plaas dan op draadrakkies om heeltemal aft e koel.

Klop die oorblywende versiersuiker, 1 e pomelosap en die oorblywende skil in ‘n bakkie tot glad. Klop nou geleidelik die ander eetlepel pomelosap in tot die versiersel smeerbaar is. Tint dit pienk met die koskleursel. Smeer omtrent ½ t versiersel op elke koekie en besprinkel met growwe suiker.

Bron: Food Network Magazine December 2014

14. ITALIAANSE PISTASIE APPELKOOSKOEKIES:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/12/kersfees-koekies-sonia.html
(Maak ongeveer 36 koekies)

2 k Koekmeel

1/3 k Suiker
¼ t Bakpoeier
½ t Sout
125g Botter, koud en in blokkies gesny
3 groot Eiers
¾ k ongesoute Pistasie neute
¾ k gedroogte Appelkose
¼ k Heuning
Fyn gerasperde skil en sap van 1 Lemoen
¼ t Amandelekstrak
Versiersuiker om te besprinkel

Pols die meel, suiker, bakpoeier en sout in ‘n voedselverwerker. Voeg die botter by en pols verder tot die mengsel krummelrig lyk. Voeg 2 eiers by en pols weer tot ‘n deegbal vorm. Knie op ‘n meelbestrooide werksoppervlakte tot glad. Vorm in ‘n 12 x 30cm reghoek op ‘n stuk kleefplastiek. Draai toe en plaas in die yskas vir ten minste 1 uur.

Pols die neute in die voedselverwerker tot fyngekap. Hou eenkant. Pols nou die appelkose tot fyngekap. Gooi die neute terug in die voedselverwerker saam met die heuning, lemoenskil, lemoensap en amandel ekstrak. Pols tot goed gemeng en plaas in die yskas om koud te word.

Posisioneer die oondrakke op die boonste en onderste derdes van die oond en voorverhit tot 190’C. Smeer twee bakplate. Op ‘n meelbestrooide werksoppervlak, sny die deeg in die lengte in vier 3cm stroke. Rol een strook in ‘n 7 x 45cm plat reghoek. Skep 1/3 koppie van die pistasie-mengsel in die lengte af. Deur te begin aan die lang kant, rol in ‘n silinder (log) om die vulsel te bedek. Knyp die rante toe en plaas die rol soomkant na onder. Sny in 5cm stukke en plaas op die bakplate. Verkoel weer in die yskas. Herhaal met al die deeg tot al die koekies in die yskas koud is.

Maak 2,5cm-lang snye aan die ente van elke stukkie deeg en skuif ‘beentjies’ effe weg van mekaar om ‘n X te vorm. Rangskik 1,5cm apart op die bakplate. Klits die oorblywende eier en verf oor die koekies. Bak deur die panne halfpad deur om te ruil, tot die koekies lig-goud is, so 15 minute. Laat dit afkoel op die bakplate vir 5 minute en plaas dan op draadrakkies om heeltemal aft e koel. Sprinkel versiersuiker oor. Bere in lugdigte houers.

Bron: Food Network Magazine December 2014

15. GRONDBOONTJIEBOTTER EN SJOKOLADE KOPPIES:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/12/kersfees-koekies-sonia.html
(Maak ongeveer 24 tertjies)

2 rolle Pasteideeg (ongeveer 400g)

1 groot Eier, liggies geklits
Kaneelsuiker om te sprinkel
120g sjokolade, gekap
1/3 k Gladde Grondboontjiebotter
2 e Versiersuiker
½ k Room
½ t Vanielje Ekstrak
Rooi en groen strooisel, vir versiering

Voorverhit die oond tot 180’C. Rol een deel van die deeg in ‘n 30cm sirkel uit op ‘n meelbestrooide werksoppervlak. Sny 10cm deursnee sirkels uit die deeg met ‘n koekdrukkertjie. Herhaal met die ander deel van die deeg. Sit die deegsirkels in die gaatjies van ‘n 24gaatjie mini-muffinpan. Druk teen die bodem van elke gaatjie vas. Verf die deeg liggies met die eier en sprinkel kaneelsuiker oor. Bak tot bruin, ongeveer 16-18 minute. Laat dit in die pan afkoel.

Meng die sjokolade, grondboontjiebotter en versiersuiker in ‘n bak. Verhit die room tot dit stoom maar nie kook nie. Gooi die room oor die sjokolade mengsel en voeg die vanielje by. Laat dit staan tot die sjokolade versag het, so 3-5 minute. Klop tot glad en glansend.

Skep die sjokolade mengsel in die deegkoppies en versier met strooisel. Laat dit staan teen kamertemperatuur tot die sjokolade gestol het, so 1 uur, voor jy dit uit die pan uithaal. Bere in lugdigte houers.

Bron: Food Network Magazine December 2014

16. PEPERMENT WHOOPIE PASTEIE:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/12/kersfees-koekies-sonia.html
(Maak ongeveer 12 koekies)

Spray and Cook

1 ¾ k Koekmeel
½ t Bakpoeier
¼ t Koeksoda
¼ t Sout, plus ‘n knippie
180g Botter, teen kamertemperatuur
¾ k Suiker
1 groot Eier
¼ k Melk
1 t Vanielje Ekstrak
¼ t Peperment Ekstrak
1 ¼ k Versiersuiker
¼ k fyngedrukte Snoepkieries (Candy Canes)

Posisioneer die rakke op die onderste en boonste derdes van die oond en voorverhit tot 190’C. Smeer twee bakplate. Klop die meel, bakpoeier, koeksoda en ¼ teelepel sout saam. Klop die helfte van die botter en die suiker in ‘n aparte bak tot lig en donsig, ongeveer 3 minute. Gooi die eier by en meng in. Klop nou die meelmengsel, melk en vanielje om die beurt en bietjies-gewys in tot net gemeng.

Skep opgehoopte eetlepelsvol van die deeg omtrent 4cm apart op die bakplate en maak rond met klam vingers. Bak, deur die panne halfpad om te ruil, tot die bokant van die koekies sponsagtig is, so 9 tot 12 minute. Laat afkoel op die bakplate vir 5 minute en plaas dan op draadrakkies om heeltemal af te koel.

Intussen, klop die oorblywende botter, peperment ekstrak en knippie sout tot romerig, so 2 minute. Klop die versiersuiker geleidelik in tot romerig. Smeer 1 ½ eetlepels van die mengsel op die helfte van die koekies se onderkante. Maak toe met die ander helfte koekies en rol die kante in die fyn snoepkieries. Bere in lugdigte houers.

Bron: Food Network Magazine December 2014

17. GESOUTE KARAMEL EN SJOKOLADE KOEKIES:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/12/kersfees-koekies-sonia.html
(Maak ongeveer 24 koekies)

200g Sjokolade gevul met caramel, bv. Bar ones

1 ¾ k Koekmeel
½ t Koeksoda
½ t Bakpoeier
¼ t Sout
125g Botter, teen kamertemperatuur
½ k Bruinsuiker
¼ k Suiker
1 Eier
1 t Vanielje Ekstrak
Gevlokte Seesout

Vries die sjokolade tot hard, ten minste 1 uur, sny in 5mm stukke en hou gevries tot gebruik.

Klop die meel, koeksoda, bakpoeier en sout saam. Klop die botter en suiker saam tot lig en romerig, ongeveer 3 minute. Voeg eier en vanielje by en klop tot goed gemeng. Klop die meelmengsel tot geinkorporeerd. Roer die gevriesde sjokolade in.

Smeer twee bakplate en skep 2 eetlepels per koekie, omtrent 4cm apart daarop. Plaas in die yskas tot koud, ten minste 1 uur of oornag.

Posisioneer die rakke op die onderste en boonste derdes van die oond en voorverhit tot 190’C. Besprinkel die koekies met die soutvlokkies. Bak, deur die bakplate halfpad deur om te ruil, tot lig-goud, so ongeveer 10-12 minute. Laat dit heeltemal afkoel op die bakplate en bere dan in lugdigte houers.

Bron: Food Network Magazine December 2014

18. SESAME TEELS:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/12/kersfees-koekies-sonia.html
(Maak ongeveer 24 koekies)

½ k Suiker

¼ k Sesame Saadjies
3 e Botter
¼ t fyngerasperde Lemoenskil
2 e Lemoensap
1 e Mielieblom (Maizena)
¼ t Sout
1/3 k Koekmeel
1 t Vanielje Ekstrak

Voorverhit die oond tot 170’C. Voer 2 bakplate uit met bakpapier. Pols die suiker en 2 e sesame saadjies tot fyngemaal. Gooi sesame mengsel in ‘n pan en voeg botter, lemoen skil en –sap, mielieblom en sout by. Kook, deur aanhoudend te roer, tot die mengsel begin prut en ietwat verdik, so 3 minute. Gooi in ‘n mengbak en roer die meel, vanilla en oorblywende sesame saadjies in. Plaas in die yskas en verkoel tot dik, ongeveer 45 minute.

Skep opgehoopte teelepelsvol van die deeg 5cm apart op die bakplate. Sprinkel meer sesame saadjies oor. Bak een plaat op ‘n slag tot goudbruin, so 10 minute. Laat dit effe afkoel op die bakplaat tot net genoeg gestol om met ‘n spatel op te lig, so 1-2 minute. Plaas op draadrak en krul twee kante van die koekie na bo met jou vingers. Laat heeltemal afkoel en bere in lugdigte houers. Vervang die bakpapier tussen die baksels.

Bron: Food Network Magazine December 2014

19. CAPPUCCINO SKUIMPIES:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/12/kersfees-koekies-sonia.html
(Maak ongeveer 24 skuimpies)

3 groot Eierwitte

¼ t fyn Kremetart
¾ c Suiker
1 t Vanielje Ekstrak
2 t Sterk Koffie
Sprinkeltjies, vir versiering

Posisioneer die rakke op die onderste en boonste derdes van die oond en voorverhit tot 120’C. Smeer 2 bakplate en kry ‘n spuitsak en sterpunt gereed vir die skuimpies.

Klop die eierwitte en kremetart. in ‘n groot bak wat droog is, tot lig en skuimerig met ‘n elektriese klitser op medium spoed. Verhoog die spoed en klop tot dik en ondeursigtig, ongeveer nog 1 minuut. Voeg die suiker geleidelik by en klop op hoogste spoed tot glansend en stywe punte vorm. Klits ¾ t vanielje in. Sit een helfte van die suim in ‘n aparte droe bak. Klop die oorblywende vanielje en koffiepoeier in die oorblywende helfte skuim.

Hou die plastieksak in een hand net bo die spuit vas, sodat die sak ‘n koppie vorm. Skep met ‘n rubber spatel die een helfte gewone skuim aan die een kant tot die sak half-vol is. Draai nou die sak om en skep die koffie skuim aan die ander kant van die sak. Skroef die einde van die sak sodat die twee skuime saampers. Pyp nou 4cm deursnee meringues op die bakplate, ongeveer 5cm apart. Versier met die sprinkeltjies.

Bak, deur die bakplate halfpad deur om te ruil, tot skuimpies ferm is, ongeveer 2 ure. Sit die oond af en los die skuimpies binne tot droog en krakerig, ongeveer nog 1 uur. Bere in lugdigte houers.

Bron: Food Network Magazine December 2014

20. STROOP EN OKKERNEUT KOEKIES:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/12/kersfees-koekies-sonia.html
(Maak ongeveer 36 koekies)

2 ½ k Koekmeel

½ t Koeksoda
¼ t Sout
125g Botter, teen kamertemperatuur
2/3 k Bruinsuiker
½ k Stroop
1 Eier
1 t Vanielje Ekstrak
Spray and Cook
½ k Turbinado/Demerera Suiker
½ k Okkerneuthelftes

Klop die meel, koeksoda en sout saam. Klop die botter en bruinsuiker saam tot lig en romerig, ongeveer 3 minute. Voeg die stroop, eier en vanielje by en klop tot goed gemeng. Klop die meelmengsel tot geinkorporeerd. Maak toe met kleefplastiek en plaas in die yskas tot die deeg nie meer taai is nie, ongeveer 30 minute. (Dit sal steeds sag wees)

Smeer twee bakplate, posisioneer die rakke op die onderste en boonste derdes van die oond en voorverhit tot 190’C. Plaas die demerara suiker in ‘n bakkie. Rol eetlepelsvol van die deeg in 2,5cm deursnee balletjies en rol dan in die suiker. Druk ‘n okkerneuthelfte in die middel van elke koekie en rangskik 5cm apart op die bakplate.
Bak, deur die bakplate halfpad deur om te ruil, tot geset om die rante, maar steeds sag in die middel, so ongeveer 12-14 minute. Laat dit vir 5 minute afkoel op die bakplate en skuif dan na draadrakkies om heeltemal af te koel. Bere in lugdigte houers.

Bron: Food Network Magazine December 2014

21. SJOKOLADE GEDOOPTE KOEKIES:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/12/kersfees-koekies-sonia.html
(Maak ongeveer 24 koekies)

1 ¼ k Koekmeel

¼ t Bakpoeier
¼ t Sout
125g Botter, teen kamertemperatuur
2/3 k Suiker
1 Eier
1 t Vanielje Ekstrak
120g gekapte Sjokolade

Posisioneer die rakke op die onderste en boonste derdes van die oond en voorverhit tot 180’C. Smeer twee bakplate. Klop die meel, bakpoeier en sout saam. Klop die botter en suiker saam tot lig en romerig, ongeveer 3 minute. Voeg eier en vanielje by en klop tot goed gemeng. Klop die meelmengsel in sarsies by tot geinkorporeerd.

Gooi die beslag in ‘n herseelbare plastiek sakkie (Ziploc) en knip een hoek af om ‘n 13mm opening te laat. Druk deeg uit in 13 x 80mm strepe, ongeveer 4cm apart, op die bakplate. Bak, deur die bakplate halfpad deur om te ruil, tot goud om die rante, so ongeveer 15 minute. Laat dit vir 5 minute afkoel op die bakplate en verplaas dan na draadrakke om heeltemal af te koel.

Smelt die sjokolade in die mikrogolf vir 30 sekondes op ‘n slag en roer tussen-in tot glad. Doop die koekies halfpad in die sjokolade en laat die oortollige sjokolade afdrup. Plaas op waspapier en plaas in die yskas vir 10-15 minute om droog te word. Bere in lugdigte houers.

Bron: Food Network Magazine December 2014

No comments:

Post a Comment