Saturday 6 December 2014

SPINASIE RELISH

Hierdie lekker Relish is regtig uit nood gebore want as mens van omtrend alles iets kan maak hoekom nie ook van Spinasie nie..Ons het altyd so baie in ons tuine en ons vrieskaste is vol nouja kom ons maak iets anders en lekker en regtig dit is baie lekker..Helena Kruger
N.S.>ek het maar net die Gevriesde Stir Fry gebruik want ek het dit gehad maar julle kan altyd vars groente gebruik wat tot jul beskikking is..

SPINASIE RELISH

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/12/spinasie-relish.html
*eie verwerking Helena*
12 koppies Spinasie klaar fyn gekerf of 2 groot bondels spinasie[net die blare]
3 groot uie fyngekerf
4 k Pynappel in klein blokkies gesny[ vars of geblikte]
4 Pakke Hawain Stir Fry van McCain. [of 2k elk wortel repies, baby marrows, en brokkoli stukkies]
3 Rooi Soetrissies gekerf
2 Groen Soetrissie gekerf
2 Knoffelhuisie fyn gekerf
1t Sout
METODE:
Kook vir 20min in genoeg water om alles te bedek BEHALWE jou Spinasie
Na 20 min voeg jou gekerfde Spinasie by en kook 10min
Voeg al die Stroop se bestanddele by en kook vir 8min en verdik met 2t maziena na gelang van dikte
STROOP
3kp Asyn
3kp Suiker
2 e Kerrie
2 t Borrie
1/4 t Tiemie
1k Sweet Chillie sous
3k kookwater
Bottel warm in warm bottels
N.S> Regtig baie lekker**Helena Kruger**6/12/2014



 



SPINASIE EN UIE SMOOR
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/12/spinasie-relish.html
*eie verwerking Helena*
30 groot Spinasieblare klaar fyn gekerf [net die blare]
3 groot uie fyngekerf
1t Sout
METODE:
Kook vir 15min in genoeg water om alles te bedek tot uie gaar is
Water Spinasie af en

Voeg al die Stroop se bestanddele by en kook vir 8min en verdik dan met 3t Maziena[aangemaak in n bietjie water] na gelang van dikte
STROOP
2kp Asyn
3kp Suiker
½ t Egg Yellowpoeier
½ k Sweet Chillie sous
2k kookwater
1 Pakkie Tamatie Paste
1+1/2 k Tamtie Puree[ een en half]
Knippie Neut
Meng alles en voeg by Spinasie en kook verder
Bottel warm in warm bottels
N.S> Regtig baie lekker**Kan gebruik word as n sousie by Maalvleis of as n sous by Pap of net so koud by n Vleisie, kan dit inmeng in n Pasta**Helena Kruger**14/09/2016

No comments:

Post a Comment