Tuesday 13 January 2015

DADELKOEK


DADELKOEK
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/01/dadelkoek.html
Hierdie resep kom uit ‘n boekie wat ouma Nancy gekoop het vir 30c , dis net jammer daar is nie ‘n datum by nie, maar ek reken dit was in die 1960, want ek was nog ‘n kind gewees. Ek het dit gebak en dit is nogal baie lekker, die dadels is nie oorheersend nie.

Bestanddele
1 koppie dadels, fyngesny (250 ml)
1 teelepel koeksoda (5ml)
1 koppie suiker (250ml)
125 g botter
1 eier
2 ml sout
1 teelepel vanilla ess. (5ml)
halwe koppie klapper (125ml)
2 teelepels bakpoeier (10ml)
2 koppies koekmeel (500ml)
1 koppie kookwater (250 ml)

Gooi die koeksoda oor die dadels en dan die koppie kookwater, laat staan en roer effens fyn.
Klits die botter en suiker tot room en voeg geklitste eier by.
Voeg die dadels, sout , vanilla, en klapper by.
Meng goed en sif dan die meel en bakpoeier saam en voeg by.
Skep in 2 gesmeerde laagpanne en bak 20-30 minute.
Smeer die volgende vulsel tussen die 2 lae en versier die koek bo-op

Vulsel                                                               


1 eetlepel kakao
125 ml water
1 eetlepel botter
125 ml suiker
125ml fyn dadels
125ml klapper

Meng die kakao,suiker en water.
voeg die botter en dadels by
kook totdat die mengsel dik is
verwyder van stoof en voeg die klapper by en laat afkoel


Klapper Vulsel
Bestanddele
klits 3 eiergele met 
60 ml melk, gooi dit in ‘n dubbel kastrol en voeg 
375 ml klapper en 
80 ml suiker en 
50g botter hierby
roer goed deur en laat dit kook totdat dit gaar is skep dit bo-oor die dadel vulsel.
Bron:marthasekombuis

No comments:

Post a Comment