Sunday 25 January 2015

GESONDE ONTBYTKEUSES


EIERLOSE VOLGRAAN EN HAWERMOUT PLAATKOEKIES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/01/gesonde-ontbytkeuses.html
(Maak: 20 plaatkoekies)

Ek het die reeds bestaande eierlose resep op die blog aangepas met ‘n bietjie volgraan en oat bran vir vanoggend. Was net nie lus vir oats of All-Bran nie, maar nie ‘n eier in sig nie… toe verras ek my man vroeg met ‘n heerlike ‘driegang’ maal J

Bestanddele:
1 koppie Nutty Wheat Meel
½ koppie Oat Bran
15ml Bakpoeier
335 ml melk
5 ml witasyn
5 ml molasse
60 ml gesmelte Flora Pro-V Active Margarien of Klapperolie
Canola olie vir braai
a.) Hoenderborsie-viennas, Snytjie tamatie, 1 loot grasuie en lae-vet maaskaas
b.) Heuning en cheddar kaas
c.) Ultramel Lite Vla met 2 gestoofde pruime per persoon

Metode:
Sif die nutty wheat, oat bran, bakpoeier en 5 ml sout saam in ’n groot mengbak. Meng die melk, molasse, witasyn en gesmelte margarien saam in ’n aparte mengbak. Roer die vloeistof en droë bestanddele bymekaar tot goed gemeng. Laat staan vir so 10 tot 15 minute net sodat die oatbran kan swell in die resep. Onthou dit maak hom bietjie dikker. Verhit ’n dun lagie olie oor matige hitte in ’n kleefvrye pan. Skep lepels vol van die mengsel in die pan. Wanneer dit goudbruin is, draai die plaatkoekies om en bak die ander kant. Skep dit met ’n eierspaan uit en laat dit eenkant afkoel.
Sit die plaatkoekies voor met ’n keuse van a, b, of c. Ek het a en c ge-eet en my man het al drie verorber J Daar is oneindig baie variasies met wat ookal jy in die huis het.





AVOCADO TOAST WITH SUNNY SIDE EGG:

Ingredients:
1 slice whole grain bread, toasted (1.5 oz)
30g mashed Avocado
cooking spray
1 large egg
kosher salt and black pepper to taste
hot sauce (optional)

Directions:

Mash the avocado in a small bowl and season with salt and pepper.
Heat a small nonstick skillet over low heat, spray with oil and gently crack the egg into the skillet. Cover and cook to your liking.
Place mashed avocado over toast, top with egg, salt and pepper and hot sauce if desired!

Source: Skinny Taste

Servings: 1 • Size: 1 toast • Old Points: 5 pts • Weight Watcher Points+: 6 pt
Calories: 229 • Fat: 10 g • Carb: 23 g • Fiber: 5 g • Protein: 12 g • Sugar: 4 g
Sodium: 223 mg • Cholest: 186 mg

No comments:

Post a Comment