Saturday 24 January 2015

HOENDER MAYONNAISE PASTEIE


HOENDER MAYONNAISE PASTEIE

1 rol blaardeeg
1 heel gaar braaihoender,
1 houertjie (250g) vetvrye maaskaas
75 ml (5 eetlepels) goeie mayonnaise
20g krulblaarpietersielie
vars gemaalde swartpeper en sout, na smaak


Verhit oond tot 200 grade.
Voer n bakplaat uit met bakpapier en spuit goed met n kleefwerende sproei.
Rol die ontdooide blaardeeg oop.
Sny die deeg in die lengte sodat jy twee lang stroke het.
Neem die een punt van die deeg en vou dit oor om 'n driehoek te vorm, amper soos 'n samoesa.
Sny die driekoekie af en vou nog een.
Hou so aan tot al die deeg gebruik het en jy 6 driehoekies het.
Plaas die deegdriehoekies op die voorbereide bakplaat en bak tot gaar en ligbruin.
Verwyder uit die oond en sny versigtig die twee oop kante van elke driehoekie oop met 'n steakmes.
Laat afkoel.
Ontbeen die hoender en sny of breek die hoendervleis fyner.
Verwyder die stele van die pietersielie en snipper dit oor die hoendervleis.
Meng die mayonnaise en die maaskaas, en geur met sout en peper.
Meng die maaskaasmengsel met die hoender.
Stop elke blaardeeg driehoekie vol met die hoendervulsel.

No comments:

Post a Comment