Friday 23 January 2015

LIETSJIESLAAI



LIETSJIE SLAAI MET BLOUKAAS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/01/lietsjieslaai.html
Bestanddele:
3 Pere; 

1 blik ontpitte lietsjies; 
1 wiggie bloukaas; 
75ml vars room; 
1 pakkie gemengde jong slaaiblare en 
1 pakkie pekanneute.

Rooiwynsous vir pere
2 koppies rooiwyn;
 skil van 1 suurlemoen; 
1 koppie karamelsuiker; 
1 kaneelstokkie.

Metode:
Skil die pere en sny in kwarte. Verwyder die pitte uit elke kwart sodat dit ’n bakkie vorm. Meng die bestanddele vir die rooiwynsous. Bring tot kookpunt en voeg die peerkwarte by. Kook tot sag, maar steeds ferm, haal uit en koel af. 
Breek die bloukaas in stukkies en meng in ’n voedselverwerker saam met die room tot ’n sagte mousse. Stop nou die lietsjies en die pere met die bloukaasmousse. Rangskik die pere en lietsjies op ’n bordjie saam met die slaaiblare. Bedien met ’n pekanneut-vinaigrette en gekapte neute. 
#litchislaai

No comments:

Post a Comment