Saturday 3 January 2015

KARAMEL PIESANG EN SJOKOLADE NAGEREG

Helena Kruger
KARAMEL PIESANG EN SJOKOLADE NAGEREG
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/01/karamel-piesang-en-sjokolade-nagereg.html
*eie Verwerking*
2 Piesangs in klein stukkies gesny
Tennis beskuitjies of Klapper beskuitjies
1 Blik Karamel Kondensmelk
1 Pakkie sjokolade Kitspoeding
1 t Suurlemoensap
Maak jou kitspoeding aan volgens jou pakkie
Meng kondensmelk met jou piesangs en 1 t Suurlemoensap
Pak n lagie koekies
Smeer n lagie kondensmelk mengsel oor
Pak n lagie koekies
Smeer nog n lagie Kondensmelk mengsel oor
Dan kom jou Kitspoeding alles bo-op
Laat stol in die yskas en voor bediening kan jy styfgeklopte room bo-op plaas **Regtig baie lekker**Helena*2/01/2015

No comments:

Post a Comment