Monday 19 January 2015

PIESANGKOEK ONDERSTEBO

PIESANG TOFFIE ONDERSTEBO KOEK
Lekker koek met sy fyn tekstuur, eintlik vir die stroperige laag piesang en bruinsuiker- en botterkaramel.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/01/piesangkoek-onderstebo.html
Piesang-bolaag
50 g ( ¼ k) botter
100 g (½k) bruinsuiker
2 - 3 piesangs, geskil

Koek
200 g (1½ k) koekmeel
½ t bakpoeier
¼ t koeksoda
½ t sout
115 g (½ k) sagte botter
1 k (200 g) witsuiker
2 eiers, kamertemperatuur
1 t (5 ml) vanielje-ekstrak, of paar druppels vanieljegeursel
½ k + 2 eetlepels suurroom (155 ml suurroom)

1. Voorverhit oond tot 180C. Smeer ‘n 23 x 12 cm broodpan of ‘n 24 cm koekpan.
2. Maak die toffie-en piesang laag: Smelt die botter in ‘n kleindikboomkastrol oor medium hitte tot dit begin borrel. Voeg die suiker by, roer net tot opgelos en laat prut tot dik en glad. Gooi nou die karamel op die bodem van die gesmeerde pan uit.
3. Halveer die piesangs in die lengte, en afhangdende van die grootte van die pan en die piesangs, sny elke stuk in 2 of 3 stukke. Plaas die piesangs met die gesnyde kant op die toffie.
4. Maak die koekbeslag: In ‘n medium bak, sif die meel, bakpoeier, koeksoade en sout saam, Hou eenkant.
5. In ‘n groter mengbak, verroom die botter en suiker tot lig en donsig – ek gebruik elektriese klitser. Onthou om die kante en bodem van die bak nou en dan te skraap. Voeg die eiers een op ‘n slag by (medium spoed) en klits goed na elke byvoeging. Klits die vanielje by.
6. Op lae spoed klits die meelmengsel in 3 dele by, afgewissel met suurroom – begin met die meel en eindig met die meel. Moenie die mengsel oorklits nie.
7. Skep die beslag versigtig oor die piesangs en maak bo gelyk. Bak vir 40 – 50 minute tot goudbruin en toetspen skoon uitkom. Laat die koek vir presies 5 minute in die pan op ‘n afkoelrak staan. (as dit langer staan sal die koek vassit in die pan soos wat die karamel weer afkoel). Keer dit op die bedieningsbord uit en laat afkoel.
8. Bedien warm of teen kamertemperatuur. Die koek hou goed in die yskas.
Dis lekker met room, crème fraiche of roomys. 

Bron: huiskokcom

No comments:

Post a Comment