Thursday 8 January 2015

SAMPIOENE - PANGEBRAAIDE SAMPIOENE


PANGEBRAADE SAMPIOENE
    http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/01/sampioene-pangebraaide-sampioene.html
    30 ml (2 e) olyf- of avokado-olie
    250 g spek, in breë repe gesny en oortollige vet verwyder
    250 g bruin sampioene, in kwarte gesny
    200 g kersietamaties
    30 ml (2 e) balsamiese asyn
    sout en peper
    100 g babaspinasie

    1. Verhit ’n klein bietjie olie oor matige hitte in ’n braaipan. Braai die spek tot goudbruin en bros. Skep uit en hou eenkant.
    2. Verhit die res van die olie in dieselfde pan en soteer die sampioene tot goudbruin. Voeg tamaties by en soteer tot deurwarm en die skilletjies begin oopbars. Stel die hitte laer.
    3. Voeg die balsamiese asyn by en roer die spek by tot deurwarm. As die pan te warm word, haal vir ’n rukkie van die stoof af.
    4. Geur na smaak. Roer spinasie deur. Maak seker dat dit met die sous bedek word. Die spinasie lyk aanvanklik te veel, maar word vinnig minder soos dit gaar word.
    5. Haal die pan van die stoof af sodra die spinasie begin sag word. Pasop vir te lank kook.
    6. Sit dadelik voor met brood en ’n bietjie ekstra olyfolie.

    Wenke
    1. Vir ’n meer vullende gereg, kan eiers van jou keuse bygevoeg word, soos ’n gebakte of geposjeerde eier. Of skep die groente op Franse roosterbrood.
    2. Roer die sampioen-en-spekmengsel by gaar pasta vir ’n ligte aandete.
    3. Vir ’n vegetariese gereg: Laat die spek uit en hou die sampioene heel. 
    Skep sampioene met die ander groente op ’n hamburgerrolletjie. Gebruik die spinasie rou as slaaiblare.
      BRON: heleenmeyer

No comments:

Post a Comment