Thursday 5 February 2015

GESTOOMDE STOKVIS MET AARBEI EN FETA SLAAI



GESTOOMDE STOKVIS MET AARBEI EN FETA SLAAI
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/02/gestoomde-stokvis-met-aarbei-en-feta.html


Bestanddele:
1 eetlepel gesoute botter, plus ekstra vir smeer
sout en peper na smaak
1 vars stokvisfilet (vis wat in Suid-Afrikaanse waters gevang en deur die Marine Stewardship Council gesertifiseer is)
sap van 1 suurlemoen
1 prei, in ringetjies gesny
’n hand vol tiemie
’n hand vol pietersielie
1 brandrissie, fyngekap
⅔ koppie rosé-wyn
1 knoffelhuisie, fyngekap

Metode:
1 Rol ’n groot stuk foelie uit en smeer die blink kant (die kant waarop die vis gaan lê) met botter.
2 Maal souten swartpeper peper na smaak oor die vis.
Sit die filet op die foelie en drup suurlemoensap oor.
Pak die preie en kruie bo-op, gevolg deur die eetlepel botter, vou die foelie toe en gooi die wyn versigtig by.
Seël nou die foeliepakkie.
3 Kook die pakkie vir 10 minute op die rooster oor matige kole.
4 Sit die vis voor met ’n slaai van gesnyde vars aarbeie, ment, feta en slaaiblare met balsemiekreduksie oorgedrup (dit is ’n stroop van balsemiekasyn – kry dit by koswinkels of supermarkte. WegSleep sê: Sit hierdie smaaklike visgereg voor saam met ’n glasie rosé.  Helena Kruger

No comments:

Post a Comment