Thursday 5 February 2015

VLEISBROODJIE



VLEISBROODJIE
Bestanddele:
1 kg Beesmaalvleis
1 aartappel gerasper
1 ui gerasper
2 eiers
1k broodkrummels
4 e meelblom
sout en peper na smaak
1/2 t tiemie
3 e worcestersous
1blikkie Italiaanse tamatie[fyngemaak en bietjie suiker bygevoeg..vir sy sousie bo op]jy kan ook enige bruinsous oor smeer soos BBQ
250g Mcains Hawain Stirfry [3min gestoom in Mic vir n vulsel in die middel]

Metode:
Meng alles behalwe jou tamatiesous en die Stirfry deeglik[knie dit goed in
Voer jou pan met Foil uit en spuit of smeer goed
Pak die helfte van die vleismengsel in jou pan en maak n holte langwerpig in die vleis
Druk jou Stirfry mengsel mooi daarin[net in die middel ]
Plaas die ander helfte van jou vleismengsel bo-op en druk dit goed vas
Smeer genoeg van jou Tamatiesousie bo-op [hou die helfte vir bietjie later
Bak by 180*C vir 1h...smeer halfpad weer bietjie sousie bo-oor
Laat afkoel en haal uit pan..Wees versigtig myne het gebreek..Baie lekker*Helena Kruger 5/02/2015

  



 



 


 

No comments:

Post a Comment