Thursday 5 February 2015

VLEISBROODJIE




GEURIGE VLEISBROODJIE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/02/geurige-vleisbroodjie.html
Helena Kruger
Bestanddele:

7 eiers

1 kg beesmaalvleis
2 teelepels braaisout
5 sprietuie, baie fyngekap
4 knoffelhuisies, fyngekap
1 eetlepel Dijon-mosterd
1 teelepel rissievlokkies of ’n sterk sous
1 eetlepel roosmaryn of salie, fyngekap
1 suurlemoen se sap en gerasperde skil
1 koppie hawermout
¾ koppie melk
½ koppie braaisous

Metode:
Kook die eiers vir 3 of 4 minute totdat hulle gaar maar nog sag is en skep hulle dadelik oor in yswater om te keer dat hulle nie verder kook nie.
Sodra die eiers genoeg afgekoel het, kan jy hulle versigtig afdop – pasop, die eiers is baie sag! – en eenkant hou.
2 Meng die een eier met die res van die bestanddele (behalwe die braaisous en olie) en knie die maalvleis­mengsel goed met jou hande.
3 Verf ’n broodpan se binnekant met ’n bietjie olie en skep die helfte van die maalvleis daarin.
Pak die gekookte eiers in ’n ry bo-op die vleis en skep dan die res van die maalvleis in die broodpan.
Druk dit liggies plat om ’n broodjie te vorm, maar moenie die eiers stukkend druk nie.
4 Bak die vleisbroodjie vir 30 minute teen 180 °C, haal dit uit die oond en verf die braaisous oor. Bak dit dan vir nog 30 minute.
5 Laat die vleisbroodjie afkoel, dop dit uit die brood­pan en draai dit in waspapier en foelie toe voordat jy dit in die yskas bêre. Sit snye vleisbroodjie koud voor met jou gunsteling-blatjang, heelkorrelmosterd of ’n paar radyse**Weg**.

No comments:

Post a Comment