Friday 6 February 2015

KLAM SJOKOLADE POEDING



KLAM SJOKOLADEPOEDING

Beproef hierdie resep – die poeding is heel klam binne-in. As jy oorskietstukke sjokolade het, kan jy die poeding daarmee versier net nadat dit gebak het.

GENOEG VIR 6
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 20 min.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/02/klam-sjokolade-poeding.html
150 g botter
150 g sjokolade
250 ml (1 k) suiker
3 eiers
80 ml (⅓ k) meel

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n klein, diep reghoekige bakskottel.
Smelt die botter en sjokolade in ’n mikrogolfbestande bak in die mikrogolf 30 sekondes terwyl jy gereeld roer.
Laat die gesmelte sjokolade en botter effens afkoel en roer dan die oorblywende bestanddele in. Skraap die mengsel in ’n bakskottel uit en bak 20 min. in die oond.
Laat ’n paar minute afkoel en sit dan met roomys voor.

Deur Hope Malau
Foto’s: Jacques Stander

No comments:

Post a Comment