Saturday 7 February 2015

ROOMYS TUISGEMAAK

Manlief is soos in Engels gese word "lactose intolerant" ek wou nie roomys voor hom eet nie want hy kon nie saam eet nie en hy vrek oor roomys! Toe eendag kry ek n wonderlike resep op die groep waar Orleywhip, strooisuiker, ideal Melk en vanilla Essenes gemeng word en voila! Daar het jy roomys! Ek maak dit toe gister aand en vries dit. Manlief het van oor tot oor geglimlag en hy is baaaaaaaie baaaaie lief vir my vanaand! Hy het n hele groot bord geeet!

Annelie Potgieter

1 blikkie Ideal Melk oornag in yskas verkoel, 
2 sakkies Orley whip, 
1 koppie strooisuiker, 
2 teelepels Vanilla Essence.

 Kilts is die Orley whip tot styf, voeg Daarby die strooisuiker en Vanilla essence, 
Klits dit goed deur en laastens voeg jy die Ideal Melk by. Kilts alles dan weer. Giet in n 2 liter roomys bak. En vries. Die ideal Melk hoef nie voor die tyd styf gekoop te word nie.

No comments:

Post a Comment