Friday 27 February 2015

MELKTERT JAFFLES:


Maggie de Castro
MELKTERT JAFFLES:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/02/melktert-jaffles.html

(Lewer 4)

Bestandele:

150 ml melk
2 eiergele
20 g koekmeel
60 g suiker
5 ml vanielje geursel
8 snye witbrood
botter, vir smeer
kaneelsuiker

Metode:

Klits 4 eetlepels van die melk met die eiergele. Gooi die meel en suiker daarby en klits tot glad. Verhit die orige melk oor lae hitte tot dit net begin kook. Roer vinnig die eiermengsel daarby en hou aan roer tot verdik. Kook saam vir 1 minuut, roer aanhoudend. Die vla kan baie maklik aanbrand. Gooi die vanielje-geursel by en roer goed saam. Botter die brood en sorg dat die gebotterde snye na buite wys. Skep van die melktertpap in die middel en bedek met nog ’n sny brood. Rooster in ’n jafflepan tot bros en goudbruin. Sprinkel kaneelsuiker oor en geniet dadelik.


(Deur Aletta Lintvelt; Foto Jan Ras; Watertand Resepte vir Oud en Jonk)

No comments:

Post a Comment