Friday 27 February 2015

GRONDBOONTJIEBOTTER FUDGE

Maggie de Castro

GRONDBOONTJIEBOTTER FUDGE:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/02/grondboontjiebotter-fudge.html
Lewer 70 stukke
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 4 min.

Bestandele:
125 g botter
560 ml (2¼) donker bruinsuiker
125 ml (½ k) melk
500 ml (2 k) growwe grondbonebotter
2 ml (½ t) vanieljesaad
620 ml (2½ k) versiersuiker

Metode:

Smelt die botter in ’n kastrol oor matige hitte. Roer die bruinsuiker en melk in en bring tot kookpunt. Laat kook 2 minute sonder om te roer.
Verwyder van die hitte en roer die grondbonebotter en vanieljesaad in.
Plaas die versiersuiker in ’n groot bak en giet die warm suikermengsel oor. Klop die mengsel met ’n houtlepel tot glad.
Giet in ’n 20 cm vierkantige bakpan en sit eenkant om heeltemal af te koel. Verwyder uit die pan en sny die fudge met ’n skerp mes in vierkante. Bêre in ’n lugdigte houer.
(Huisgenoot)


Jenny Schneigansz
MAKILIKE GRONDBOONTJIEBOTTER FUDGE: 
Kook saam vr 2+1/2 min. 2 k Suiker en 1/2 k melk. Verwyder van hitte. Voeg by 1 tlp Vanilla ess en 3/4 k grondboontjiebotter, klop tot glad. Giet in n bak wat gespuit is met Spray en Cook. Maak gelyk. Los om koud te word. Sny in blokkies.

No comments:

Post a Comment