Sunday 1 February 2015

MIELIEBROOD SOUFFLE MET GEMENGDE GROENTE

MIELIEBROOD SOUFFLE MET GEMENGDE GROENTE:






MIELIEBROOD SOUFFLE MET GEMENGDE GROENTE:

60 ml meel
60ml suiker
60ml botter gesmelt
15ml bakpoeier
4 eiers
2 blikkies room mielies
sout en gemaalde swart peper
Gemengde groente (gevriesde pakke country crop) – jou keuse hoeveel jy wil ingooi
Koppie kaas
1 tamatie
Metode:

Meng al die bestandele behalwe die groente, kaas en tamatie. Gooi gemengde groente (net so gevries) onder in bak (jy kan minder gebruik as jy wil, hang af hoe groot is jou bak
Gooi mieliemengsel bo-oor. Gooi gerasperde kaas bo-oor. Sny tamatie in skywe en rangskik bo-op. Gooi bietjie pietersielie en paprika oor, sny skyfies tamatie op, en bak in oond vir ongeveer 1 uur by 180 C.

Bron: Kreatiewe Kos Idees


Nouja Sonia hier het ek dit gemaak die naweek**Baie lekker gewees en net so lekker koud.Helena Kruger 3/01/2015.

 




                          >  Hier het ek dit koud ge-eet met lekker koue snoek>Helena Kruger

No comments:

Post a Comment