Saturday 31 January 2015

SKINNY KERSIE VLATERT

SKINNY KERSIE VLATERT:


SKINNY KERSIE VLATERT:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/01/skinny-kersie-vlatert.html

(Diabeties-Vriendelik)

Ons heerlike eiervlatert in ’n bros filodeegdop word versoet met xylitol, ’n suikerplaasvervanger wat ’n redding is vir mense met diabetes.

(6 porsies)

Vla:
250 ml lae-vet melk
3 eiergele
60 ml Xylitol-versoeter (Kan Sugalite of Green Canderel gebruik)
15 ml verpoeierde gelatien
5 ml vanielje-ekstrak

Deeg:
3 velle filodeeg
kooksproei

Kersies:
125 ml xylitol-versoeter (Kan Sugalite of Green Canderel gebruik)
15 ml brandewyn (opsioneel)
1 blik ontpitte suur kersies

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n reghoekige losboomtertpan van 11 x 34 cm met kooksproei.

Vla: Verhit die melk in ’n kastrol oor matige hitte tot net onder kookpunt. Verwyder van die hitte. Klits die eiergele en versoeter in ’n bak tot goed gemeng. Verspons die gelatien ’n paar minute in ’n ander bak in ’n bietjie water. Klits die warm melk geleidelik by die eiergeelmengsel in en gooi die vla dan terug in die kastrol oor matig-lae hitte. Skep ’n bietjie van die vla in die gelatien en voeg dit dan by die oorblywende vla in die kastrol. Roer liggies maar aanhoudend met ’n houtlepel terwyl jy die bodem en die hoeke bereik 4 minute of tot die mengsel dik genoeg is om die agterkant van die lepel te bedek. Verwyder van die hitte en giet deur ’n fyn sif in ’n bak. Roer die vanielje-ekstrak in. Laat 15 minute afkoel terwyl jy af en toe roer.

Deeg: Sny die deeg sodat dit in die bakpan pas (met ’n bietjie wat oorhang). Spuit een vel met kooksproei, sit nog ’n vel bo-op en sproei, en sit dan die laaste vel bo-op. Voer die bakpan met die deeg uit en giet die afgekoelde vla oor die bodem. Bak 12 minute of tot die deeg gaar is.

Kersies: Roer die versoeter, brandewyn (indien gebruik) en kersievloeistof in ’n pan oor lae hitte om die versoeter op te los en kook dan 3 minute op hoog.

Wanneer gereed vir voorsit, bedek die tert met die kersies en bedruip met die stroop.

Bron: Huisgenoot Digitaal

No comments:

Post a Comment