Saturday 31 January 2015

DEEG BALLE

DEEG BALLE IN N KNOFFEL ROOM EN KAASSOUS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/01/deeg-balle.html

Vat deeg, sommer die wat mens by die spar of pick n pay koop.
Rol in balletjies bietjie groter as n golfbal.
Meng 1 pakkie van Knorr se pasta sous poeier "garlic cheese and mushroom" met 300ml kookwater. Voeg daarby 1 koppie room.
Gooi steak en chops s
peserye oor deeg balle (of watter speserye jy ookal verkies - kruie ook lekker). Gooi sous oor deeg.
Sit gerasperde cheddar kaas bo-op.
Jy kan natuurlik gerasperde mozzarella in jou deeg inmeng of bo-oor saam die cheddar sit.
Vir n lekker Italiano stretch. Jy kan ook n blokkie mozzarella kaas in die middel van elke bolletjie sit. Dit is maar Ongelooflik lekker.
Die deeg bolle moet 3/4 onder die room sous wees voor jy dit bak.
Bak teen 180 vir 40 minute. Of tot room dikkerig raak.
Jy kan net soveel knoffel by voeg soos jy wil. Binne die balletjies of bo-oor saam sous.
** Sandra Riley Hattingh**

No comments:

Post a Comment