Wednesday 11 February 2015

OROS POEDING


 


OROS POEDING 

Bestanddele:
(50mense)
3 blikkies Idealmelk
5 desertl gelatien (opgelos in koue water en so ‘n paar sek in mikkie tot gesmelt)
5 koppies suiker 
2 1/2 koppies kookwater
1.5 liter oros

Metode:

Laat die Ideal melk oornag in die yskas om te verkil.
Los suiker in kookwater op.
Voeg gelatien by.
Gooi die oros by die stroopmengsel. 

Sit in yskas om af te koel maar dit moet nie stol nie –
 
Klits nou die ideal melk styf en voeg by bo-genoemde – Sit in yskas om te stol
Gerhardt en Onita Swart

Hannetjie Theron 
OROSPOEDING
1 blik idealmelk, oornag verkoel,
voeg 1 kop strooisuiker by en dan 
2 kop onversoete oros.  Klits. 
Voeg 1 desertlepel gelatien, opgelos in 1 kop kookwater (afgekoel) bietjies-bietjies by. 
Ek sit sommer 1 pakkie lemoenjellie, opgelos in 1 kop kookwater en `n ½ kop kouewater ook by. klis en verkoel. Dit bly `n wenner!!

1 comment: