Friday, 13 February 2015

STICKY HOENDER

Sticky Hoender 
Goed vir wings en boudjies - Self gemaakte
Bestanddele:
18 Hoender Boudjies of Vlerkies of altwee
Robertson se Chicken Spice
1/2 Koppie Sweet Chilli Sous
1/2 Koppie Lappies Sous
1 Eetleppel Olyf Olie

Verhit die olyf olie onder in jou pot. Gooi Robertson Chicken spice oor jou hoender en braai dit onder in die pot.
Wanneer dit bruin is gooi so 500 ml water op en laat kook tot water verdamp het. Meng dan die koppie sweet chilli sous
met die lappies sous en gooi oor hoender. Hou op hitte totdat dit begin borrels maak en laat kook so 10 minute en skep uit.
Bedien en geniet.
Lekker saam met vars brood rolletjies en geel kerrie noodle slaai.