Friday, 6 March 2015

BLOMKOOLTERT

RSG SE BLOMKOOLTERT
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/03/blomkooltert.html

Bestanddele
1 kop blomkool, gesnipper
2 blikkies suikermielies
1 eier
¼ koppie koekmeel
1 eetlepel botter
1 koppie cheddarkaas, gerasper
knippie sout

Metode
Kook blomkool in soutwater tot sag.
Gooi die water af.
Voeg res van die bestanddele, behalwe die kaas, by
Roer goed.
Plaas dit in 'n vuurvaste tertbak.
Strooi kaas oor.
Bak teen 180 grade vir 30 minute.
Dit is heerlik saam met braaivleis.