Friday 6 March 2015

TRIPPEL SJOKOLADE KOEK



Hannes Griesel

TRIPPEL SJOKOLADE KOEK:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/03/trippel-sjokolade-koek.html

KOEK:

1 Koppie Koekmeel
1 Koppie Suiker
4 Eiers (Wit en Geel geskei)
3 T-lepels Bakpoeier
½ Koppie Kookolie
½ Koppie Kookwater
2 E-lepels Kakao
1 T-lepel vanilla
knippie sout


Klits die eier-gele en suiker tot roomerig
Voeg kookolie en kookwater by en roer deur met ‘n hout lepel
Sif droë bestandele saam in mengsel
Meng deeglik
Voeg vanilla by
Voeg styfgeklopte eierwitte by en vou in
Gooi beslag uit in 2 ronde pannetjies
Bak vir 20 tot 25min teen 190 ‘C
Wanneer die koek bietjie afgekoel het, sny elk in middle deur

VERSIERSEL:
1L Vars room
1kg Versiersuiker
4 E-lepels Kakao

Klop room tot dit styf is
Voeg versiersuiker lepel vir lepel by terwyl jy klits
Voeg Kakao by voor al die versiersuiker ingeklits is.
Dier versiersel moet lig wees as dit klaar is.
(Kan meer versiersuiker gebruik as dit nog nie styf genoeg is soos jy dit wil hê nie.)
Sit ‘n lag koek op jou koekbord
Smeer duk lag roomversiersel en hou aan met al die lae.
Sit wispers wat in kwarte gesny is op die koek en versier met glanskersies.
Hou die koek in die yskas tot bedien word.


Koek gebak deur: Yolandi Blumenthal

No comments:

Post a Comment