Monday 30 March 2015

LIGTE ETES - PANNEKOEK GEVUL

Gevulde tuna, maaskaas en roket pannekoeke
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/03/ligte-etes-pannekoek-gevul.html
Maak 8 (genoeg vir 4 mense)
Voorbereiding: 25 minute

2 pannekoeke per persoon
2 blikkies tuna in soutwater, baie goed dreineer
1 rooi uitjie, fyn gekap
1 bakkie krummelmaaskaas, kruie geur
’n hand vol roketblare 
sout en peper na smaak 
knypie paprika
Skeutjie suurlemoensap

Só maak jy:

Meng die tuna met die uitjie & maaskaas. 
Geur dit met ’n bietjie sout en peper en skep dan ’n paar lepels vol op ’n pannekoek. 
Pak roketblare bo-op die vulsel.
Rol dit dan op en sny die pannekoek in die helfte deur.
Sprinkel ’n bietjie paprika bo-oor en sit dit voor.
Sit voor saam brosgebraaide tjippies of wiggies & 'n lekker Sweet Chillie doopsousie. #vakansiekos

No comments:

Post a Comment