Monday 30 March 2015

VAKANSIEKOS / SCHOOL HOLIDAY FOOD

Skoolvakansie het skaars begin en jy is al klaar uit idees uit vir kos vir die kinders in die dag? Hier is 'n paar idees om jou te help:
Pannekoek - ons het nou net weer die flopvrye pannekoek resep gekry. Ek plaas dit weer.
Amke Fourie
Die enigste pannekoek resep wat jy nodig het. Flop nooit en is nooit rubber nie, selfs as dit koud is.
1. FLOPVRYE Pannekoek                      
4 k meel
4 eiers
5 k water
½ t sout
4 t bakpoeier
½ k olie
Meng alles baie goed saam en bak, die geheim is om die bakpoeier laaste by te gooi en goed te meng. #vakansiekos





Gevulde tuna, maaskaas en roket pannekoeke

Maak 8 (genoeg vir 4 mense)
Voorbereiding: 25 minute

2 pannekoeke per persoon
2 blikkies tuna in soutwater, baie goed dreineer
1 rooi uitjie, fyn gekap
1 bakkie krummelmaaskaas, kruie geur
’n hand vol roketblare
sout en peper na smaak
knypie paprika
Skeutjie suurlemoensap

Só maak jy:

Meng die tuna met die uitjie & maaskaas.
Geur dit met ’n bietjie sout en peper en skep dan ’n paar lepels vol op ’n pannekoek.
Pak roketblare bo-op die vulsel.
Rol dit dan op en sny die pannekoek in die helfte deur.
Sprinkel ’n bietjie paprika bo-oor en sit dit voor.
Sit voor saam brosgebraaide tjippies of wiggies & 'n lekker Sweet Chillie doopsousie.#vakansiekos



2. KITS Vetkoek:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/03/vakansiekos-school-holiday-food.html
Sulke lekker opgepofte vetkoeke wat ons met stroop of appelkooskonfyt geëet het. Lekker maklik om te maak en jy hoef nie ure te wag vir die suurdeeg om te rys nie
2 koppies (500 ml) koekmeel
4 teelepels (20 ml) bakpoeier
½ teelepel (2 ml) sout
3 teelepels (15 ml) botter
1 koppie (250 ml) melk
± 2 koppies sonneblomolie
Gouestroop om mee voor te sit
Sif die droë bestanddele saam.
Vryf die botter daarin en maak die deeg aan met die melk.
Verhit die olie. Skep ’n klein stukkie deeg in die warm olie om te toets of die olie reg is.
As die deeg mooi stadig bruin braai, sal die olie gereed wees.
Onthou om die temperatuur laer te draai, want die vetkoek braai sowat 10 minute in die olie om dwarsdeur gaar te word.
’n Lekker wenk is om twee eetlepels te gebruik om die deeg in die olie te skep, en voor elke skep doop jy die lepels in die warm olie. Wanneer gaar, plaas die vetkoek op kombuispapier om van oortollige olie ontslae te raak*Boere Chef* 8/6/13 #vakansiekos


3. MARLENE SE PLAATKOEKIES      
Marlene Minderon 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/03/vakansiekos-school-holiday-food.html
2 kop meel                     

2 eiers
1/4 teel sout
½ k suiker
2 teel bakpoeier
2 teel gesmelte botter
1/2 kop melk

Meng droee bestanddele en dan die melk eiers en gesmelte botter. As jy sien deeg is te styf voeg nog bietjie water/melk by. Ek het die resep dubbel gemaak. Enjoy. #vakansiekos


4. MIELIEKOEKIES
Tina De Welzim-Wewege        
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/03/vakansiekos-school-holiday-food.html
1Blikkie sweetcorn,                                      
1 koppie self raising meel,
1 eier.
sout,peper en
Meng alles saam en braai lepelsvol in vlak olieLekker resepte vir die jongergeslag
‪#‎mieliepoffertjies‬ ;‪#‎mieliekoekieshttp‬ #vakansiekos




SKONS MET SPRITE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/03/vakansiekos-school-holiday-food.html
500g self raising meel
250ml vars room
5ml sout
250ml Sprite Zero

Metode:
Voor verhit die oond tot 220°C. Meng al die bestandele goed, skep in muffin pan. (6 maak lekker groot skons) en bak vir 15min of tot toets pen skoon uitkom. *Carol Elliott Claassen*
#vakansiekos

Bernadine Steenkamp Vern 

Vinnige cupcakes : 
2 groot lepels botter (of 1 botter en 1 lepel olie) 
3 eiers. 
1 kop melk. 
3 kop self raising    of  3 kop gewone meel maar met 3 t bakpoeier. 
Sout en as jy het vinilla,

Natuurlik die suiker en botter cream en dan eiers vanilla en melk byvoeg,sif die droe best by.  Bak baie vinnig en maak so 24. 180grade vir 15 tot 20 min. #vakansiekos


Bernadine Steenkamp Vern 
Bacon kip happies :
Bestanddele 
1 Pak Sout en Asyn Chips 
Gesnyde Bruin Brood 
Margarien 
Bovril of Oxo of Fraybentos of Marmite 

Maak die sout en asyn chips fyn. Meng genoeg margarien en een van die smere na smaak. Neem brood en druk met ronde vorm, sirkels uit, groot genoeg om op Bacon Kips te pas. Smeer sirkelbroodjie en plak die verkeerde kant van die Bacon Kip. Versier bo-kant en snykante van die broodjie met margarien mengsel. Probeer die Bacon Kip skoon te hou. Strooi die gesmeerde deel met fyn Sout en Asyn chips. Hierdie sout happie is beslis 'n wenner.
#vakansiekos



Bernadine Steenkamp Vern 
Donuts
3/8 cup milk 
2 tablespoons shortening 
1/2 cup white sugar 
1 egg 
1/2 teaspoon vanilla extract 
2 cups sifted all-purpose flour 
1/2 teaspoon baking soda 
1/4 teaspoon salt 
1 quart oil for deep frying  (Omtrent 1 liter)
1/2 cup confectioners' sugar for dusting  (Versiersuiker)

Directions 
Stir the vinegar into the milk, and let stand for a few minutes until thick. In a medium bowl, cream together the shortening and sugar until smooth. Beat in the egg and vanilla until well blended. Sift together the flour, baking soda, and salt; stir into the sugar mixture alternating with the vinegar and milk. Roll dough out on a floured surface to 1/3 inch thickness. Cut into doughnuts using a donut cutter. Let stand for about 10 minutes. Heat the oil in a large deep skillet to 375 degrees F (190 degrees C). Fry doughnuts in the hot oil until golden, turning over once. Drain on paper towels. Dust with confectioners' sugar while they are still warm, and serve immediately. #vakansiekos


Bernadine Steenkamp Vern 
Maak sommer jou eie versiersuiker
To make one cup of icing sugar you’ll need
1 cup of granulated white sugar 
1 tablespoon of cornstarch 
A blender 

Method
Place the sugar in the blender, then pulse until the sugar turns to very fine powder. Don’t just put the blender on high and leave it for a minute as the heat generated by the blender blades can burn the sugar. Pulsing for a few seconds, then checking the sugar, then pulsing again will prevent the sugar from becoming overheated. Once your sugar has achieved the right consistency, place a tablespoon of cornstarch (your homemade binding agent) into the blender and pulse for a couple of seconds to mix thoroughly. Don’t be tempted to throw the cornstarch in with the sugar right at the start as it will hinder the sugar powdering process and will also contribute to the generation of unwanted heat. 
Icing Sugar #storage::::::::: You can store your homemade icing sugar in an airtight container for around the same length of time you’d store commercial icing sugar. Keeping the container in the fridge will give added protection from those pesky ants. #vakansiekos



Bernadine Steenkamp Vern 
vir teenagers wat vleis soek : maalvleis skonsies 
VLEISPASTEITJIES MET SKON-TIPE DEGIE 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/03/vakansiekos-school-holiday-food.html
Maak maalvleis gaar met chutney, uie ens [of enige vulsel koud] 
Deeg: '
Klits saam: 
3/4 kop melk... 
3/4 kop olie 
2 eiers 
1 kop meel 
3 teel bakpoeier 
1/4 teel sout 
1 teel Aromat 

1. Meng alles goed saam. 
2. Deeg bietjie dikker as pannekoek deeg. 
3. Spuit kolwyntjie pannetjies. 
4. Skep lepel vol deeg onder in skep dan een lepel vulsels (maalvleis klaar gaar). 
5. Skep dan weer vulsel op om die maalvleis te bedek.
6. Bak ongeveer 15 min tot ligbruin (180 grade). 
7. Maak net seker jou maalvleis is nie te souserig nie, want dit maak jou deeg pap. Geniet...Heerlik koud ook..pak dit graag in kosblik...ook sommer lekker vir 'n "snack" ..hou dit in die yskas vd kinders as hul wil peusel. #vakansiekos


Bernadine Steenkamp Vern 
Tortillas
3 koppies meel, 
1 teelepel sout, 
1/3 koppie olie, 
1 koppie water. 

Meng tot hanteerbare deeg. Sif meel op oppervlak. Rol dunnerig uit en bak in pan tot bruin spikkels wys draai om, herhaal sit in bord met deksel op en voila. Die stoom maak hom sag. En jy kan hom vou met n vulsel in.  #vakansiekos

Bernadine Steenkamp Vern 
maklikste tert 
JOGHURT EN KONDENSMELK- TER
‘n Pakkie Tennisbeskuitjies (fyn gemaak) * Sien wenk onderaan 
75 g botter of margarien (gesmelt) 
750 ml volroom joghurt (enige geur) 
1 blik volroom kondensmelk *

Kors: 
Meng die beskuitjie krummels en gesmelte botter goed saam. Gebruik die agterkant van n groot metaal lepel en druk die mengsel vas teen die wande en bodem van n tertbord van 23 cm. 
Vulsel: 
Meng die joghurt en kondensmelk goed en gooi in die kors. Mikrogolf vir 4 minute op 100% krag. Laat afkoel en verkoel dan verder in die yskas tot gestol. 
PS. Of bak in n voorverhitte oond op180 C vir 10 - 15 minute.  #vakansiekos



Bernadine Steenkamp Vern 
En dan laastens moenie sukkel as jy nie het nie maak self : 
IDEAL MELK MAAK JOU EIE IDEAL MELK AS JY VERGEET HET OM TE KOOP
KOOK SAAM
½ Kop Melk 
2 Eetl Suiker 
1 Teel Margarien     #vakansiekos

KUNSROOM 
60 ml kondensmelk, 
10 ml suurlemoensap. 

Klits alles goed saam tot lig en styf. Gebruik soos geklitse room. #vakansiekos

No comments:

Post a Comment