Monday 2 March 2015

MELKTERTSIGARE


KOKKEDOOR MARINDA SE MELKTERTSIGARE IN SJOKOLADE SOUS
    http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/03/melktertsigare.html
    1 liter melk
    2 teelepels botter
    1 kaneelstokkie
    80 ml koekmeel
    80 ml Maizena
    1 ml sout
    125 ml melk
    200 ml suiker
    5 ml vanieljegeursel
    3 eiers
    filodeeg
    gesmelte botter

    Sjokoladesous
    1 koppie room
    1 koppie melk
    200 g donkersjoklade

    METODE
    Kook 1 liter melk, 2 teelepels botter en die kaneelstokkie saam in 'n kastrol.
    Klits die koekmeel, Maizena, sout, 125ml melk, suiker, vanieljegeursel en eiers saam.
    Gooi die geklitste mengsel stadig by die melk in die kastrol, en roer sodat dit nie vasbrand nie.
    Laat dit prut totdat dit soos n vulkaantjie borrel.
    Verwyder van die hitte, en laat dit afkoel tot kamertemperatuur.
    Plaas die filodeeg op die tafel, en smeer met die gesmelte botter.
    Sny elke blok filodeeg in 4 kleiner blokke.
    Plaas 'n teelepel van die melktertvulsel op elke deegblok deeg, en rol dit toe - die kante ook.
    Bak teen 180 grade vir 15 minute.

    Sjokoladesous
    Smelt al die bestanddele saam, en doop die melktertsigare daarin wanneer jy dit eet.

No comments:

Post a Comment