Thursday, 19 March 2015

MIKROGOLF KAMPIOEN SPONSKOEK

MIKROGOLF KAMPIOEN SPONSKOEKMaggie de Castro

Bestanddele:
4 Eiers
415ml strooisuiker
5ml vanilla
550ml koekmeel
1ml sout
140ml volroom melk
140ml water
125g botter/margarien
20ml bakpoeier

Metode:
Voer die boom van 2 koekpanne met papier uit (7x19,5 cm)
Smeer of spuit die panne
Klits eiers tot lig en donsig
Voeg suiker geleidelik by
Roer vanilla by
Sif meel en sout en voeg by eier mengsel
Plaas melk,water en botter in plastiek beker en mikrogolf 3-4min op hoog, of tot dat dit kook
Roer by eier mengsel
Roer bakpoeier by
Voeg in voorbereide panne, laat 3min staan.
Plaas op omgekeerde eierhouer, mikrogolf 1 koek op n slag 2 min op med dan 3min op hoog
Bedek met vadoek of kombuis papier laat 2min staan keer uit en trek papier af , versier kokke met versiersel van jou keuse
Bron: Mavis de Jager
Plasing & Foto: Chrissie Havlicek
(WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK)