Wednesday 18 March 2015

VEERLIGTE VLASKYWE


Maggie de Castro
VEERLIGTE VLASKYWE:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/03/veerligte-vlaskywe.html

Voorverhit oond: 220ºC en trek bakplaat met foelie oor.

Deeg:
200g Blaardeeg (Puff Pastry)

Vulsel:
450 ml Melk
60 ml Suiker
70Â ml Vlapoeier
2 Eiergele
5ml Vanielje
1/2 Blikkie gekookte kondensmelk

Versiering:
100ml Versiersuiker
20 ml Suurlemoensap

Metode:
Rol blaardeeg uit op 'n plat oppervlak. Druk vormpies uit blaardeeg (hartjies/sirkels/reghoeke) Pak vormpies uit op oondpan. Smeer vormpies met bietjie melk aan albei kante en plaas in oond vir ongeveer 15 minute. Klits melk, suiker, eiergele, vlapoeier saam in 'n kastrol. Plaas op stoof op medium hitte en roer aanhoudend vir ongeveer 20-25 minute. Roer vla tot dik. Voeg dan vanielje by, roer deur en haal van stoof af. In 'n aparte bakkie roer gekookte kondensmelk deur sodat dit makliker kan smeer. In 'n aparte bakkie druk vars suurlemoensap uit, ongeveer 20 ml. Voeg versiersuiker by suurlemoensap en roer tot medium-dikte. (Nie loperig nie) Na ongeveer 15-20 minute haal ligbruin blaardeeg uit die oond uit. Smeer een helfte van die vormpies met gekookte kondensmelk. Smeer ander helfte met vla. Plaas 'n gekookte kondensmelk-hartjie bo-op 'n vla-hartjie en versier met versiersel. 'n Alternatief: Sny reghoekige blaardeeg-skywe vir groter vla-skywe. Die genot is soveel groter!
(Pasella)

No comments:

Post a Comment