Thursday, 16 April 2015

BEET EN APPELSLAAI INGEMAAK


Hier het ek vir ons lekker BEET EN APPELSLAAI ingemaak.Helena

BEET EN APPELSLAAI INGEMAAK
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/04/beet-en-appelslaai-ingemaak.html
*eie verwerking*
1.4kg gerasperde gaar beet..so 7koppies
4 appels gerasper
2 uie gekerf in klein blokkies
SOUS
2 k Suiker
2 k Asyn
1 water
1t gemmerpoeier
1/4 t fyn naeltjies
1t sout
Kook uie en gerasperde appels in jou asyn en suiker tot gaar
Gooi jou water, gemmer, naeltjies en sout by
Kook vir so 5-6min
Gooi jou gaar gerasperde beet by en kook vir so 10min stadig
Maak 3t Mielieblom aan met n halwe koppie asyn en halwe koppie water en roer in
Kook tot mooi blink en gaar
Bottel warm in warm bottels.Helena Kruger​ 16/04/2015