Saturday, 18 April 2015

MOSTERD PIEKEL UIE


MOSTERD PIEKEL UIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/04/mosterd-piekel-uie.html

*my eie verwerking Helena*
PIEKEL

2 kg Piekel uie [med]
250 ml Sout
SOUS
2 k Water
750 ml Suiker
20 ml Mosterdpoeier
10 ml Fyn gemmer
2 t Knoffelpoeier[of 2 gekneusde fyn knoffel]
1,5 liter Wit asyn
VERDIKKING
2 e Meel
5 t Mielieblom
3 t Borrie
1/2 t Egg Yellow Poeier
Knippie Selderysaad
METODE:
 Pak uie in lae in glasbak. Sprinkel sout tussen lae.
Giet 3,4 liter water oor en laat ´n 2-3dae staan.
Dreineer en was deeglik af in lopende water.
Meng al die sous bestanddele
Voeg uie by en laat opkook.
Kook tot uie gaar is maar nog steeds styf nie pap nie 
Meng die meel en borrie,egg yellow poeier en selderysaad met bietjie water en roer by uie mengsel.
Laat vir nog 5-6 min kook.
Skep in warm gesteriliseerde bottels en verseël warm..Helena Kruger >18/04/2015

 


 


Ansie Swanepoel
Middag almal Ek het Helene se mostert uie gemaak Daar baie sous oor gebly Ek gooi toe opgesnyde uie wortel en blomkool stukkies daarin Heerlike picadilli***