Saturday 25 April 2015

ROLKOEK / SWISS ROLL

Foto geleen
ROLKOEK
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/04/rolkoek-swiss-roll.html
3 x-groot eiers
250ml strooisuiker
50ml water
250ml bruismeel
1ml sout
Appelkooskonfyt
METODE:
Verhit oond tot 190°C.
Smeer rolkoekpan van 45x30x2 cm.
Voer uit met waspapier en smeer die papier ook.
Skei die eiers.
Klits die gele goed en klits suiker geleidelik by.
Hou aan klits totdat mengsel roomkleurig dik is.
Klits water bietjie bietjie by. Sif daarna die meel en sout saam bo-oor en vou in.
Klits eierwitte styf, maar nie droog nie en vou dit by die beslag in.
Skep dit in die pan en smeer egalig tot teenaan die kante.
Bak vir 10 minute of tot ligte goudbruin.
Sprei 'n klam vadoek oop en strooi suiker oor vadoek.
Keer koek daarop uit.
Trek waspapier versigtig af en sny die harde rande af.
Rol die koek saam met die vadoek op en laat 'n rukkie so afkoel.
Rol weer oop en smeer appelkooskonfyt oor.
Rol dit styf op en bewaar in lugdigte houer wanneer koud. 
Bron:Annette Human

No comments:

Post a Comment