Saturday 23 May 2015

BLACK FOREST BESKUIT



Maggie de Castro
BLACK FOREST BESKUIT:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/05/black-forest-beskuit.html

Hierdie is eintlik ‘n biscotti resep. Ek druk dit in my drukker-pan en om ewe groot stukke te kry. Daarna droog ek dit gewoonweg uit in die oond, maar nie te lank nie.

Bestanddele:
1 koppie kersies
2 kop water
1/2 koppie botter, kamer temperatuur
1 ½ koppie suiker
4 eiers
2 teel amandelgeursel
2 teel vanillageursel
1 koppie semi-soet sjokolade splinters
4 ¼ koppie meelblom (of bruinmeel)
2/3 koppie kakao
1 teel sout
3 teel bakpoeier

Metode:
Voorverhit die oond tot 180 C. Spuit die pan( met drukker) liggies.
Verhit die kersies en water vir 1 minuut in die mikrogolfoond en laat eenkant staan.
Room die botter en suiker tot lig. Gooi die eiers en geursel by. Vou die sjokolade in. Dreineer die kersies goed (op papierhanddoek) en roer dit in die mengsel in.
Sif die meel, kakao, sout en bakpoeier in ‘n aparte bak saam. Vou die nat bestanddele in die droë bestanddele in totdat dit ‘n deeg vorm.
Skep die deeg in die pan, en druk dit egalig vas in die pan. Druk dit af en bak vir 25 -30 minute tot gaar. Droog uit sodra dit afgekoel het, maar nie te lank nie. GENIET
(BRON- ELSABE VERSTER)



Zantelle Bruwer: Hier is hulle, proe baie lekker!

No comments:

Post a Comment