Monday 4 May 2015

FLAN TERTKORS / RANDKOEK


Alta Moller
Flan
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/05/flan-tertkors-randkoek.html
1 e botter
6 e water

4 eiers. 
1kop suiker 

1kop meel. 
1t bakpoeier. 
 knypie sout
1t vanilla

Metode:
Smelt botter en water in mikrogolf laat afkoel
Klop eierwit styf met suiker voeg gele by en klop goed
Sif droe bestanddele daarby in.  Voeg geursel by en vou bymeelmengsel in.  aak 2 flans.
Bak 20 min by 180 grade. 

FLAN  / RANDKOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/05/flan-tertkors-randkoek.html
Genoeg vir 2 Korse
Stel oond op 180ºC
3 groot Eiers
3/4 koppie (187) ml Suiker
1 K (250ml) Koekmeel
1/2 tl (2.5)ml Vanielje essence
2 E (25 ml ) Kookolie
4 E (50 ml) Melk
2 E (10 ml) Bakpoeier

METODE:
Voeg Eiers en Suiker in Mengbak en klits met elektriese klitser vir 8-10 minute.
Voeg dan die meel stadig by en dan die Vanielje
Maak Olie en Melk warm (NIE KOOK NIE)
Voeg by mengsel.
En laaste die Bakpoeier. Meng net deur nie te veel nie.
Gooi in 2 gesmeerde en meelbestrooide flanpanne en bak vir 10 minute tot gaar.
Sit vulsel van jou keuse in.


Randkoek / FLAN
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/05/flan-tertkors-randkoek.html
Beslag

125ml melk
7ml botter of margarien
3 ekstra groot eiers
200ml suiker
375ml koekmeel
knypie sout
10ml bakpoeier
5ml vanilla
brandewyn of sjerrie (opsioneel)

Vulsel
1 pakkie(80g) jelliepoeier
200ml kookwater
10ml suurlemoensap
125ml vars room

Voorverhit die oond na 180 grade. Bespuit `n randkoekpan. Kook die melk en smeer saam. Klits die eiers en suiker goed saam. Voeg die meel en sout by en roer die kookmelk by. Roer die bakpoeier en geursel laaste by. Giet die mengsel in die pan en bak 35 tot 40 minute tot gaar. Laat dit effens in die pan afkoel en keer dit dan versigtig uit om heeltemal koud te word. Sprinkel die brandewyn of sjerrie oor die randkoek, indien verkies. Smelt die jellie in die kookwater. Voeg die sap by en verkoel totdat dit begin dik word, maar nog nie gestol nie. Klits die room tot styf en klits die jellie tot lig en skuimerig. Voeg die room by en meng goed. Skep dit in `n randkoek en plaas in die yskas tot gestol. Versier die randkoek verder soos verkies.




RANDKOEK / FLAN
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/05/flan-tertkors-randkoek.html
100 g margarien
15 ml bakpoeier
375 ml strooisuiker
1 ml sout
3 eiers
350 ml melk
750 ml koekmeel
2 ml vanielje/suurlemoen/amandel essens

Metode:
Verhit oond tot 180ºC. Bespuit 3 randkoekpanne van 23cm deursnee.
Meng margarien en strooisuiker baie goed saam. Voeg eiers een vir een by en klop baie goed na elke byvoeging. Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Roer dit beurtelings met die melk by die eiermengsel. Roer geursel in.
Skep in panne. Bak ongeveer 25 min tot gaar. Laat koeke effens in panne afkoel en keer versigtig uit. Lewer 3 randkoeke. 



VULSELS VIR FLANS / RANDKOEKE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/05/flan-tertkors-randkoek.html
PYNAPPELVULSEL
1 Gerasperde pynappel
1k Suiker
1e Botter
Kook bogenoemde saam.
Meng 2e vlapoeier, bietjie koue water en 2 goedgeklitste eiers.
Voeg by die kokende mengsel. Roer goed. Laat afkoel en gooi in flankors. Versier met geklopte room.


GEMMER VULSEL 1
1k goue stroop
1k kookwater
½t fyn gemmer
1t mielieblom
½k room
Meng stroop et kookwater en gemmer en kook saam. Meng mielieblom met koue
water en voeg by. Kook vir 3 min. Laat afkoel. Gooi in tertkors en laar goed koud
word. Versier met styfgeklopte room en kersies. SA Jagters kookboek


GEMMER VULSEL 2
Kook saam 
1 kop stroop
1 kop water
1 tee fyn gemmer
2 eet vlae poeier aan gemaak met bietjie water
Kook tot dit begin dik word.
Sit in tertdop wanneer dit n bietjie afgekoel het
Bedien met room.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/05/flan-tertkors-randkoek.html

PIESANG VULSEL
6 eet botter
1/2 koppie suiker
1 koppie fyn piesangs
1 eetl suurlemoensap
2 eiers
1/4 tee sout

Mens botter suiker en eiergele
Voeg piesangs sout en suurlemoensap by
Kook mengsel tot dik. Sit geklitse eierwitte by en meng.
Gooi oor flan dop. Jy kan dit met room bedien.
Bron: Onbekend
Plasing: Tiana Botes / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK 


GRENADELLA VULSEL                                       

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/05/flan-tertkors-randkoek.html
160 g (2 x 80 g-pakkies) suurlemoenjellie
500 ml (2 k) kookwater
250 g (1 bakkie) mascarponekaas
250 ml (1 k) room


BOLAAG VIR GRENADELLA VULSEL
110 g (1 blikkie) grenadellapulp
30 ml (2 e) suiker
7,5 ml (1½ t) vlapoeier


Maak jelliepoeier met kookwater aan tot opgelos. Plaas in yskas om af te koel. Jellie moet goed afgekoel wees, maar nog nie gestol nie.
Roer mascarponekaas by jellie tot goed gemeng.
Klits room tot styf en roer by jelliemengsel in. Skep in gebakte flankors. Plaas in yskas tot gestol.
Bolaag: Verhit grenadellapulp en suiker in kastrol tot suiker opgelos is. Maak vlapoeier met water tot pasta aan en roer by grenadellamengsel. Laat kook tot begin verdik.
Laat bietjie afkoel en smeer verdikte grenadellaversiersel bo-oor vulsel en plaas weer in yskas tot gestol.
Bron: Vrouekeur

No comments:

Post a Comment